Tuesday 6 September 2011

“Liefde kyk altyd deur ‘n teleskoop; jaloesie deur ‘n mikroskoop…” ~ Josh Billings

haloes! :)

“Liefde kyk altyd deur ‘n teleskoop; jaloesie deur ‘n mikroskoop…” ~ Josh Billings

1 Korintiërs 13:3

“Die liefde is nie jaloers nie…”

Spreuke 23:17

“Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien…”

“Jaloesie kyk altyd deur ‘n vergrootglas wat nietige dingetjies groot maak; dwergies word in reuse verander en agterdog, in die waarheid…” ~ Miguel de Cervantes

“Sover dit die groenoogmonster “jaloesie” betref: bestry hom onmiddellik en vergiftig hom met ‘n ekstra dosis vreindelikheid teenoor die persoon wat hy wil hê jy moet haat…” ~ George Porter

Ek dink dat baie van ons al die “groen baadjie” aangehad… Dis moeilik, want dis ‘n eienskap wat sommer net vanself kom… Sonder dat jy dit agterkom, glip hy partykeer net in… Daar kan baie dinge wees dit wat aanwakker… Mens kan jaloers raak wanneer iemand beter as jy presteer by die werk of op skool… Wanneer iemand vir wie jy lief is, nie genoeg aandag aan jou gee nie, of as dit dalk lyk of daar nooit “tye van reën” in ander mense se lewens val nie en dit dalk vir jou voel of die reën aanhoudend val…

Die duiwel sal altyd probeer om jou “joy” te steel… En jaloesie is een van daardie dinge wat jou joy steel… Dit laat jou sommer “gagga” voel aan die binnekant, sonder dat jy dit eers besef… Dit kan jou laat hartseer voel, en jou sommer net vul met ‘n gevoel van weersin teenoor die mense wat die “gevoel” by jou aanwakker… Soos ‘n mens onkruid moet uitroei wanneer dit in jou tuin groei, sodat dit nie die ander plante vernietig nie, moet ons jaloesie hanteer sodra ons daarvan bewus raak. Dit kan die lewe sommer baie sleg maak vir jou – asook die mense rondom jou… En al hoe mens dit kan doen, is deur te bid… Met jou eie krag gaan jy dit nie regkry om lief te wees vir iemand terwyl jy eintlik jaloesie koester nie… Onthou dat God vir ELKE persoon ‘n hand kaarte gedeel het, en JOU beurt van goeie goed SAL kom… Ons moet net ‘n wilsbesluit neem om vir ander mense te gun, wanneer seën hulle kant toe kom…

Soos wat mens 'n berg uitklim - treetjie vir treetjie, so moet mens die lewe aanpak... Die opdraende dele van die berg, hou net vir SO lank aan... Daarna kry jy 'n uitsig wat gewoonlik skrik vir NIKS, en van daardie pad af, kan jy weer bietjie die afdraend aanpak... God is met jou - of jy jouself nou bevind op die opdraand, afdraand, of by die uitkykpunt. Ek bid dat jy vandag Sy liefde, en genade sal ervaar in jou lewe... Dat die groenoogmonster sal wegbly, en dat niemand jou minderwaardig sal laat voel nie! JY = koningskind, en die gras lyk gewoonlik altyd net groener in iemand anders se lewe... Jy is ONGELOOFLIK spesiaal en God het jou baie lief!!!

blessings!

No comments: