Monday 5 September 2011

“Iemand is nie ‘n held omdat hy dapperder as al die ander is nie, maar omdat hy tien minute langer dapper is…” ~ Ralph Waldo Emerson

haloes! :)

“Iemand is nie ‘n held omdat hy dapperder as al die ander is nie, maar omdat hy tien minute langer dapper is…” ~ Ralph Waldo Emerson



Jakobus 1:3-4

“Soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet enduit volgehou word sodat julle tot volle geestelike ryheid kan kom, sonder enige tekortkoming…”

Openbaring 3:10

“Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel…”

“Ons kan alle dinge doen deur die genade van God, wat Hy nooit weier aan hulle wat dit ernstig van Hom vra nie… Klop, hou aan met klop, en ek verseker jou dat Hy vir jou sal oopmaak…” ~ Broer Lawrence

“Ons kan enige iets doen wat ons wil, as ons lank genoeg daarmee aanhou…” ~ Helen Keller

Dink gou aan jou eerste fiets wat jy gekry het… Gewoonlik begin mens met 'n fiets wat “training wheels” op het… En sodra jy genoeg selfvertroue of genoeg oefening met die fietsry ding het, haal jy die wiele af, en ry dan sonder daardie ondersteuning verder. Nadat die “training wheels” afgekom het, is dit ‘n aanpassing om jou balans te hou, en baie keer kan mens val en baie seerkry… Die lewe is vir my baie soos fietsry… As jy een keer leer fietsry het, sal jy dit nie verleer nie – net soos jy leer om – wanneer die lewe gebeur - deur te druk “when the going gets tough…”

Ek dink egter op ons “lewensfiets” het ons steeds die ondersteuning in die vorm van “training wheels”… God is daar om ons op die regte pad te stuur… Wanneer die wiele afkom, en ons dalk val en seerkry, is Hy daar om ons op te help, en ons “seerplekke” heel te maak… Party van ons is partykeer te bang om op die fiets te klim, omdat ons bang is vir mislukkings, of seerkry… Een van my gunsteling sê-goed is dat “tyd alle wonde heelmaak…” Al het jy jou “nerf-af” geval, of is jou hart in stukke gebreek, of het jou lewe dalk draaie met jou geloop wat jy wens jy kan uitvee… Onthou – alles wat in jou lewe gebeur, is wat jou die UITSONDERLIKE mens maak wat jy vandag is… As dit nie vir gisters was nie, sou jy nie JY wees nie…

Moenie bang wees om op jou “fiets” te klim nie… God sal jou regop hou… Al het jy dalk pas afgeval, en al voel jy jou bene kan nie meer verder trap nie… HY sal sorg!! Jy kan werklik ENIGE iets doen, deur Hom wat jou krag gee! (Fil 4:13) , en ENIGE situasie – maak nie saak HOE die dinge lyk, kan deur Hom, wat moontlik is om meer te doen as wat ons ooit kan bid of dink, kan deur God omgedraai word…

Blessings!

Anel*

No comments: