Sunday 4 September 2011

“Die lewe is te kosbaar. Moet dit nie vernietig nie…” ~ Moeder Teresa

“Die lewe is te kosbaar. Moet dit nie vernietig nie…” ~ Moeder Teresa


Hebreërs 6:11

“Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê, totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is…”

Romeine 15:13

“Mag God, die bron van hoop, julle deur geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees…”

“Die mense wat leef asof daar nie lewe na die dood is nie, sal niks wen as hulle reg is nie en alles verloor as hulle verkeerd is. Die mense wat lewe asof die hede die toekoms sal beïnvloed, sal niks verloor as hulle verkeerd is nie, en alles wen indien hulle reg is…” ~ Blaise Pascal

“Dis die realiteit van die dood wat lewe kosbaar maak. Waardeer wat jy nou het. Lewe beteken geleentheid, al vereis dit risiko’s. Moenie jou droom opgee nie. Geniet die lewe. Maak vandag beter – nou…” ~ Ernst van Zyl

God is die enigste persoon wat weet wanneer ons begin (geboortedatum) en eindpunt van ons lewe (sterftedatum) is… Ek dink mens vergeet partykeer dat ons net tydelik vir hierdie aarde geleen is. Ons is hier om die lewe vir ander ‘n beter plek te maak… En ook om ELKE oomblik VOLUIT te lewe! Mens besef baie keer eers wat jy het, wanneer jy dit verloor het. Ek dink dat dit belangrik is dat jy jouself daagliks moet herinner dat vandag ‘n geskenk is! Ons moet daagliks ook dankie sê vir dit wat ons het… Ek het die naweek net weer besef – toe ek 2 blokke ver moes stap met swaar groceries, watter voorreg (en nie ‘n reg), dit is om ‘n motor te kan hê, en na die winkel te kan ry, en jou goed in te laai, huis toe te ry en dit te kan uitpak nie.

Ernst van Zyl se aanhaling is werklik vir my besonders! Moenie terugstaan vir dit wat jy in die lewe wil hê nie… Niemand gaan vir jou opstaan as jy nie vir jouself baklei nie, en dinge gaan nie net na jou toe kom as jy nie daarvoor werk nie. Neem risiko’s, en moenie jou drome prysgee nie! Ek weet mense dink al cliché as jy sê - leef vandag asof dit jou laaste was. Maar imagine, dat jy net 24 uur oorgehad het. Wat sou jy met die tyd doen? En wanneer jy identifiseer het wat jy sou doen – DOEN DIT! Moenie sit en wag tot die lewe met jou gebeur nie, gebeur met die LEWE! Mag mense se dae beter wees omdat jy daarin is. Baie keer wanneer jyself ‘n “blou dag” beleef, en jy vir iemand anders daar kan wees, voel jy sommer self beter. God sal die regte mense oor jou pad stuur, en die deure oopmaak wat niemand kan toemaak nie…

Al is jou situasie dalk HOE moeilik op die oomblik – waar God is, is daar GEEN onmoontlikhede nie… God kan van die slegste gebeurtenisse in jou lewe omswaai om die beste ooit te word! Jy moet net vertrou, en LEWE!! Ek het in ‘n fliek “Letter’s to Juliet” ‘n aanhaling gehoor wat sê – “Life is the messy bits…” Moenie wag vir die reën om verby te gaan (as dit dalk is waar jy jouself bevind nie) – dans in die reën!! Die kanse wat mens neem en dit waarvoor jy baklei en werk in jou lewe – is gewoonlik van jou spesiaalste herinneringe op die ou end! Waag om te lewe :)

Blessings!

No comments: