Thursday 1 September 2011

“Harde werk is die suurdeeg wat die deeg laat rys…” ~ Anoniem

Haloes! :)


“Harde werk is die suurdeeg wat die deeg laat rys…” ~ Anoniem

Efesiërs 6:6-7

“Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie…”

Psalm 37:3; 90:17

“Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand…”

“Werk is goed, solank jy net nie vergeet om te lewe nie…” ~ Afrika-spreekwoord

“Die begin is die belangrikste deel van die werk…” ~ Anoniem

Prioriteite… Kom ons wees eerlik, die lewe is een groot gejaagd! Werk is BAIE, en as mens nie ‘n plan of ‘n proses het hoe ons werk nie, kan ons DAE ongelooflik besig wees en ons kan steeds niks uitrig nie. Dis ook BAIE keer baie makliker om die dinge te doen waarin ons goed is, of dinge wat ons weet wat om te verwag, of watookal van ons verwag word, as die dinge wat vir ons moeilik lyk. Dis baie keer makliker om die moeilikhede uit te stel – vir “later”… Later, raak gewoonlik nog later, en dan partykeer word dit nooit gedoen nie, OF dit het ‘n sneeubal effek, en raak ons so oorweldig, dat die lewe net ‘n blur raak, en die werk AL word wat bestaan…

BALANS… Dis vir my ‘n ONGELOOFLIKE belangrike woordjie wanneer dit by werk kom. Ons werk of swottings raak partykeer AL waarvoor ons lewe… Ons geestelike lewe ly daaronder, ons geliefdes ly daaronder, en belangriker – ONS ly daaronder. Wanneer mens in die “ratrace” vasgevang word, word dit moeilik om perspektief te kry, en te besef dat ons ‘n tree moet terugneem, en dat ons moet sorg dat ons ‘n gesonde balans handhaaf. Onthou – NIEMAND is onvervangbaar in ‘n werksposisie nie. Jy kan hoe goed wees, en ALLES vir jou firma gegee het. Iemand anders kan ook opgelei word om jou werk te kan verrig… Ek het grusame stories al gehoor van mense wat 30+jaar van hulle lewe gegee het vir ‘n firma, net om te hoor dat daar herstrukturerings is, en hulle diens nie meer nodig is nie… In familielewens, is daar egter net 1 soos jy…

Ons moet ons beste gee by die werk of in ons swottings – want as Jesus by die werk of by jou lessenaar langs jou staan, moet jy Hom trots maak oor hoe jy jou dagtaak verrig. MAAR – daar moet geleer word hoe om balans te handhaaf tussen jou werk, geestelike lewe, persoonlike lewe ens. As jy nie vir jou ‘n ritme gaan kry om balans te handhaaf nie, gaan jou werk jou lewe raak. God kan daardie balans in jou lewe sit. BID, en plaas vir God eerste… Wanneer ons, ons dae met Hom begin, sal die res sommer net in plek val J

Blessings!

Anel*

No comments: