Sunday 25 September 2011

“Every new beginning, comes from another beginnings end…” ~ Senela quotes

Haloes! 


“Every new beginning, comes from another beginnings end…” ~ Senela quotes

Spreuke 16:1;3

“ ‘n Mens kan sy planne maak, maar die finale besluit kom van die Here af… Alles wat jy doen moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…”

Jesaja 40:26

“Wie het die sterre gemaak? Hy maak hulle sigbaar, die een na die ander, en roep elkeen by sy naam… Met sy groot krag en mag, sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie…”

“Do not wait until the conditions are perfect to begin… Beginning makes the conditions perfect…” ~ Alan Cohen

“Elke oomblik is ‘n nuwe begin, as jy kies vir verandering; om jouself daagliks te probeer vind; deur uit te sien na die volgende stap… Eksperimenteer en ontdek, geloof in jou drome; oorwin die onbekende… Bly vrae stel en leef! So is elke oomblik ‘n nuwe begin…” ~ Paulo Coelho

Is elke dag vir jou ‘n nuwe uitdaging, of sien jy al teen Sondagaand op teen die week wat voorlê? Ekt al agtergekom, veral in tye waar jy moeg is, dat dit baie maklik is om net die negatiewe raak te sien in jou alledaagse dinge… Veral ook ten opsigte van verandering wat dalk in jou lewe plaasvind… Baie min mense hou van verandering, en sal dan ook gewoonlik die makliker opsie kies deur eerder te “stick by wat jy weet” as om die nuwe geleenthede of oomblikke te “embrace” wanneer dit oor jou pad kom… Ek stem 150% saam met hierdie aanhaling van Paulo Choelho… Mens mis baie keer so baie uit op spesiale oomblikke, onvergeetlike tye, of nuwe vriende omdat jy te bang is vir die onbekende…

Iets wat vir my ongelooflik is, is dat wanneer mens NIE altyd ‘n vaste plan het nie – seën God jou op die onverwagste tye, met die mees fantastieste dinge! Ek dink dat dit in ‘n mens se natuur is om te voel dat hy in beheer wil wees, en die “shots wil call” van sy lewe, maar ek wil jou uitdaag vandag – soos Spreuke 16:3 hierbo sê… Let go and let God… Stel God in beheer oor jou lewe, en stel jouself oop vir nuwe dinge… Eksperimenteer, waag bietjie en ontdek alles wat die lewe het om jou te bied deur elke sekonde wat aan jou geleen is, ten volle te LEWE… Ons word daagliks geseën met 86,400 sekondes, om die lewe aan te gryp en die beste te maak van die hand kaarte wat aan jou uitgedeel word… Ek weet dit klink dalk bietjie cliché, maar mens besef gewoonlik eers die waarde van iets wanneer jy dit verloor het… Moet dus nie dat vrees vir die onbekende jou weerhou om jou drome te leef, of om jou lewensstorie een te maak wat impak kan hê om ander te inpsireer om ‘n vol lewe te hê nie…

God is groter as enige iets wat jy tans moet “face”… Plaas jou hand in syne, en neem daardie “leap of faith”, deur ELKE dag te LEWE… Nie net wanneer jou pad besaai is met goeie tye, of wanneer dit naweek is nie… En maak seker dat mense wat vir jou spesiaal is dit WEET… Ons weet nie wanneer ons tyd hier op aarde tot ‘n einde kom nie… Iets wat ek by my ouers geleer het, is dat jy nie ‘n dag kwaad moet gaan slaap nie… Probeer dinge uitsorteer as jy dalk stry gekry het met iemand… Kommunikasie en ‘n sagte woord, is al wat partykeer nodig is… Mens hoef nie altyd die argument te wen nie… Partykeer moet mens maar net die minste wees… Sê vir mense wat hulle vir jou beteken, en WAARDEER die mense wat God jou daagliks mee seën… As jy iemand liefhet – sê dit… Moenie daardie geliefde verloor, voordat daardie persoon weet wat hy / sy vir jou beteken nie…

Blessings!


No comments: