Wednesday 14 September 2011

“Die waarheid is altyd die sterkste argument…” ~ Sophokles

Haloes! :)


“Die waarheid is altyd die sterkste argument…” ~ Sophokles

Johannes 14:6

“Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg, en die waarheid en die lewe…”

Sagaria 8:16-17

“Wat julle moet doen, is dit: Praat die waarheid met mekaar, laat die waarheid en die reg geld in julle regspraak, sodat daar vrede onder julle kan wees. Moenie vals ede bly aflê nie. Ek haat sulke dinge, sê die Here…”

“As jy twyfel, praat die waarheid…” ~ Mark Twain

“As jy die waarheid praat, hoef jy niks te onthou nie…” ~ Mark Twain

As jy die waarheid praat hoef jy niks te onthou nie! Hoe COOL en waar (excuse the pun) is dit nie?! Ek dink as ons soos Pinocchio ‘n neus kan hê wat groei wanneer ons ‘n leuen vertel – sal baie van ons met lang neuse rondloop… Dit is waar kinders vir my ‘n absolute “treat” en inspirasie is! Hulle sal vir jou ‘n ding sê nes hulle hom sien – eerlik. Ek dink iets wat ons kan nastreef om te wees is ‘n “what you see is what you get” mens… Dit beteken nie dat mens daarop moet uit wees om mense seer te maak met wat jy sê nie, maar slegs om eerlik te wees. Ek glo dit sê iets van jou karakter… Dat jy iemand is op wie mense kan staatmaak, en op wie mense kan vertrou…

Daar is ‘n verskil tussen afbrekende eerlikheid, en opregte eerlikheid (konstruktiewe eerlikheid / kritiek)… Moenie dat mense jou afbreek met hulle woorde nie… As kind van God, is dit nie iets wat God vir jou lewe wil hê nie… God wil hê dat ons ‘n lewe moet leef om impak te maak… Dit kan ons slegs doen deur as kinders van die WAARHEID te leef… Ek weet dat baie mense jou dalk al baie seergemaak het deur leuens te vertel of net dinge weg te steek … Dit kan dit baie moeilik maak om mense weer “in te laat” en te vertrou… Die moeilike ding is – mens kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie… Dit kom weer terug na die “tweede kanse” wat ek die week oor geskryf het… Omdat een persoon jou seergemaak het, beteken nie dat almal dit sal doen nie… Ons moet net bid, dat God aan ons sal uitwys wie ons kan inlaat, en wie ons maar eerder op ‘n afstand moet hou… As jy nie weet nie – BID. God sal antwoord… Al vat dit partykeer 'n tydjie... Hy is die enigste persoon wat ons werklik HEELTEMAL kan vertrou… Ons as mense is feilbaar, en dis maklik om ander seer te maak. Ek wil jou net uitdaag, om “die verskil te wees”, wat jy graag sal wil sien… Wees iemand wat eerlik is, iemand op wie mense kan staatmaak… Sodat wanneer mense oor jou praat, hulle jou karakter sal besing – dat hulle sal weet dat jy iemand is wat altyd daar sal wees, maak nie saak wat nie…

Baie seen vir jou!

No comments: