Thursday 18 July 2013

“Life is like a roller coaster. It has its ups and downs...but it's your choice to either scream or enjoy the ride. Be Positive…” ~ Unknown quotes

Haloes! J

“Life is like a roller coaster. It has its ups and downs...but it's your choice to either scream or enjoy the ride. Be Positive…”  ~ Unknown quotes 

2 Conrinthians 12:9

“My grace is all you need…  My power works best in weakness…  So now I am glad to boast about my weakness, so that the power of Christ can work through me…”

Isaiah 40:29

“God gives power to the faint, and to him that has no might, He increases strength…”

 “God is my strong salvation…  What foe shall I have to fear?  In darkness and temptation, my light, my helper is near…”  ~ Anonymous

“Live today fully, expressing gratitude for all you have been, all you are right now and all you are becoming…”  ~ Melody Beattie

Wanneer moeilike tye of seisoene in mens se lewe aan die orde van die dag is, is mens is geneig om te dink dat dit vir ewig gaan aanhou!  Wanneer jy vasgevang is in die moeilike situasie, is dit gewoonlik AL wat mens raaksien, en kan jy nie dink hoe daar moontlike uitkoms vir jou kan kom nie… J Dis omtrent soos om op ‘n rollercoaster te ry… Jy klim op met die beste voornemens, word rondgeskud tydens die ride – jou wêreld word soms letterlik op sy kop gedraai, maar wanneer daardie rit vir jou voel of jy nie meer kan aanhou nie en dat jy nou tot op jou uiterste uithouvermoë “gechallenge” word, het jy HOOP, want jy weet die rit sal nie vir ewig aanhou nie, en dat die einde in sig is…  Die einde kom gewoonlik SKIELIK nadat jy voel jy tot jou uiterste beproef word J

As ek vandag moet terugdink aan moeilike tye wat ek al beleef het, is dit moeilik om te onthou HOE ERG dit op daardie stadium vir my was toe ek dit moes deurmaak…  Mens is geneig om in baie gevalle net die goeie tye te onthou…   Wanneer probleme jou egter van alle kante af tref, is dit baie keer moeiliker om perspektief te behou en die positiewe raak te sien…   Wanneer mens nie positiewe kant van dinge raaksien nie, raak ons negatiewe situasie, dikwels baie groter in ons kop, as wat dit in werklikheid is…  Jy sit en worry oor goed wat nog nie eens gebeur het nie, of worry oor goed waarvan jy nog nie die uitkomste weet nie…  Die GOEIE nuus vandag, is dat ons as Christene, HOOP kan hê, maak nie saak HOE donker, of HOE moeilik dit met ons gaan nie!  Dis ook ‘n ongelooflike BELOFTE om aan vas te hou vir die res van die jaar wat voorlê!  Jesus stap saam met jou!!  Al kom daar dae in die res van die jaar wat soos “rollercoaster rides” vir jou voel, WEET dat dit nie vir ewig sal aanhou nie, dat jy nie vir ‘n oomblik dit alleen hoef aan te durf nie, en dat Jesus sal sorg dat NIKS met jou gebeur wat jy nie deur Sy krag sal kan hanteer nie…   Hy sal jou elke equip, sodat jy sal GROEI deur elke omstandigheid wat jy moet deurmaak, en nie sal breek met elke moeilikheid wat jou pad kruis nie!  Watse ongelooflike God dien ons nie?! Hy is ELKE dag dieselfde, en Hy het jou super, super baie lief!! Ephesians 3:20 vir jou vandag: “Now to Him who is able to do immeasurably more than all we can ask or imagine, according to His power that is at work within us…”

Blessings!

anelli**

No comments: