Monday 15 July 2013

"Being challenged in life is inevitable... Being defeated is optional..." ~ Anonymous


Haloes! :)
"Being challenged in life is inevitable...  Being defeated is optional..." ~ Anonymous
Matteus 11:28
“Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee…”
Jesaja 40:31
“Maar die wat hulle hoop in die Here stel, sal hulle krag terugkry… Hulle vlieg soos arende… Hulle sal hardloop en nie moeg word nie… Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie…”
“Wanneer jy nie kan staan nie, dra Hy jou in Sy arms…” ~ Franciscus van Assisi
“During the 1920’s Mr Yates owned a great deal of land in West Texas upon which he raised his sheep… The land was poor and he struggled to get ahead financially… Eventually, he came up with the notion of getting an oil company to drill on his ranch, even though everyone considered the land to be worthless… When the oil company began drilling at a very shallow depth they struck the largest oil deposit at that time found on the North American Continent – a deposit that produced over 80,000 barrels of oil – every day! Overnight, Mr Yates became a multimillionaire! Or did he? No, If you think about it, Mr Yates had been a multimillionaire since he had first acquired the land… The oil had always been there, Mr Yates just didn’t know it…” ~ Story from the book: Classic Christianity
Iets wat gelyk het soos 'n "misfortune" was eintlik 'n HUGE fortune!!  Ek is seker daarvan Meneer Yates was moeg daarvan om finansieël te sukkel - om te sit met land wat almal as waardeloos of nutteloos beskou het… Om heeltyd bekommerd te wees oor hoe hy ‘n moontlike oplossing vir sy benarde finansies gaan kry…  En al die tyd, het hy egter die grootste skat gehad wat aan hom behoort het!! Dit was reg onder sy neus! Die feit dat hy toegelaat het dat bekommernis en mense se woorde hom beinvloed, het gemaak dat hy nie raakgesien het, dit wat hy al die tyd besit het nie…
Wanneer mens iets in jou lewe het, wat jou vul met bekommernis, is dit dikwels BITTER moeilik om op enige iets anders te fokus as “die probleem”! Dis heeltyd in jou onderbewussyn, en soos die duiwel maar is, sal hy met elke moontlike kans wat hy kry, GEBRUIK om dit voor jou kop te gooi – net dat die bekommernis weer kan begin knaag…  'n Dominee het eenkeer gese – "FEAR can rob you from your destiny"… Maak nie saak WAT jy op die oomblik moet deurmaak nie – God is groter… Maak nie saak wat die vraag is nie – Jesus is die antwoord… In die tye waarin ons leef is daar SO baie dinge wat ons kan bekommerd maak… Finansies, werk, gesinsprobleme, huweliks / verhoudingsprobleme, liefde, siekte, swottings?! You name it… Die lys kan vir ewig aangaan! As jy die duiwel ‘n halwe kans gee, gaan hy jou probeer onderkry deur jou gedagtes met al die moontlike “wat as”(negatiewe) gedagtes te vul… God is groter… God is magtiger as ENIGE iets… Deur Hom, en die krag wat Hy daagliks aan ons gee, KAN ons die oorwinning oor ENIGE stryd behaal! As jy sukkel met iets – kry mense om saam met jou te bid daarvoor! Daar is krag in gebed, en ons Hemelse Pa ANTWOORD gebede… Hy gebruik die moeilike situasies waardeur ons gaan, om getuienis vir die Koninkryk te wees op die ou end… Dat JY, met dit wat jy moes deurmaak, vir ander ‘n getuienis van HOOP kan wees… ‘n Getuienis van God se getrouheid, sy genade en die krag wat Hy jou gegee het om ENIGE iets te kan hanteer wat die lewe na jou kant toe stuur… ‘n Getuienis wat sal kan sê – dis ALTYD te vroeg om op te hou glo, om op te hou baklei… Soos jy nou hierdie lees, WEET dat God jou deur jou situasie gaan gebruik om ‘n inspirasie vir die mense rondom jou te wees!
JY besit ook reeds ‘n skat wat groter is as wat jy besef! Deur Jesus se kruisdood, en vanweë die feit dat jy Jesus as jou Saligmaker aanvaar het, het jy vir JESUS! Hy is jou Pappa… En jou Pappa wil NET die beste vir jou hê… Hy wil jou beskerm teen alle gevaar, en optel wanneer jy struikel en val… Hy wil jou trane afdroog wanneer jy hartseer is, en jou hart heelmaak wanneer dit stukkend is… Hy is net ‘n gebed ver… 24/7...
My gebed vir jou is dat jy 'n "worry free" dag en week sal he! Mag ons Hemelse Pappa jou BLESS sodat jy nie die einde van jou skatte ken nie...  En hou op om toe te laat dat mense se negatiewe woorde jou impakteer...  Jy mis dalk uit op DIT wat alreeds in jou lewe is!
Blessings!
anelli**

No comments: