Wednesday 3 July 2013

“In any situation, the best thing you can do is the right thing; the next best thing you can do is the wrong thing; the worst thing you can do is nothing…” ~ Theodore Roosevelt

Haloes! :)

“In any situation, the best thing you can do is the right thing; the next best thing you can do is the wrong thing; the worst thing you can do is nothing…” ~ Theodore Roosevelt

Bro & sis…

Matthew 12:50

“For whoever does the will of my Father in heaven is my brother and sister and mother…”

Hebrews 2:11

“Both the one who makes people holy and those who are made holy are of the same family. So Jesus is not ashamed to call them brothers and sisters…”

“Darkness cannot drive out darkness: only light can do that. Hate cannot drive out hate: only love can do that…” ~ Martin Luther King, Jr.

“Holding on to anger is like grasping a hot coal with the intent of throwing it at someone else; you are the one who gets burned…” ~ Anonymous

Broers en susters is ‘n geskenk van God…  J  Miskien is jy ‘n alleenkind wat hier lees, en dink – ja, dis iets wat my nooit beskore was nie…  VERKEERD…  Jy het WEL broers en susters – broers en susters in God…  Ons almal is familie van mekaar, en ons is “gelink” aan mekaar deur Jesus…  Sy bloed wat vir ons aan ‘n Houtkruis gevloei het, het gemaak dat ons “instant” familie raak J  Tog is die grootste onenigheid of bakleiery, tussen God se kinders, of aardse broers en susters…  Ek glo dat die grootste oorsaak daarvan, jaloesie is…  Mense raak kwaad wanneer ander mense, goed ontvang waarvoor hulle gehoop het, of dinge wat hulle voel, hulle nodig het in hul eie lewe…  Baie keer maak die jaloesie jou so blind vir dit wat jy WEL in jou lewe het, dat jy dit nie eens sal raaksien nie…

HIerdie anonieme aanhaling het regtig nogals ‘n baie mooi beeld geskep…  Wanneer jy ander wil seermaak met jou woorde, of optrede, is jy gewoonlik die persoon wat die seerste kry…  Wanneer jy vuur maak, is die vuur daar om die vertrek warm te kry…  Almal van ons weet tog dat die kole warm is, en dat as jy daaraan sal vat, jy jouself sal brand…  Tog, hou ons baie keer so vas aan onreg wat ons aangedoen is, ondeurdagte woorde wat mense gesê het, dat ons in die proses “kole” kan probeer optel om terug te gooi na die mense wat ons so seergemaak het…  Die enigste iets waarvan ons gewaarborg kan wees in sulke omstandighede, is dat jou hand ‘n blaas sal oorhou van waar die kool jou SAL brand…  Ons mors soveel tyd en energie op sulke onbenullighede, soos haat, jaloesie, onvergenoegdheid, pyn, seer en hartseer, dat ons skaars raaksien wat God vir ons wil leer in sulke moeilike tye…  Ons mis ook uit op die absolute seën wat daar vir ons is, in Jesus…  Hy het ons geseën met medegelowiges…  Met aardse broers en susters, vir wie ons kan lief wees, saam met wie ons kan lag, en saam met wie ons die wêreld ‘n beter plek kan maak…  Moenie so vaskyk in dit wat jy NIE het nie, dat jy uitmis op alles wat jy wel het – voordat dit dalk te laat is nie…  Mens besef gewoonlik eers die waarde van iets, wanneer jy dit verloor het…  Wees dankbaar! J

Blessings!

Anelli**



No comments: