Haloes! J
If
we wait until we’re ready, we’ll be waiting for the rest of our lives… ~
Unknown
I am
light…
Matthew
5:14
“You are
the light of the world. A town built on a hill cannot be hidden…”
John
8:12
“When Jesus spoke again to the people, he said, "I am
the light of the world. Whoever follows me will never walk in darkness, but
will have the light of life."
Your mind will quit a thousand times
before your body will. Feel the fear and do it anyway! ~ Unknown
You don’t have to see the whole
staircase, just take the first step… ~ Unknown
Dis baie
keer moeilik om te weet HOE jy moet optree, en wanneer jy moet optree… Wanneer geleenthede of groot uitdagings oor
jou pad kom, is dit baie keer baie moeilik om te weet WAT jy moet doen, OF jy
iets moet doen en HOE jy dit moet aanpak…
Ons vind onsself baie maklik in ‘n gemaksone, en dis nie altyd lekker om
besluite te neem wat jou gemaksone kan wegneem nie… Mens redeneer baie keer om die veilige uitweg
te neem… Die een wat die minste rimpels
op die water sal maak wanneer die klippie ingegooi word… Ons wil nie altyd baklei vir dit wat vir ons
belangrik is nie… Wanneer dit moeilik
raak, voel ons om net te hou by dit wat ons ken- dit wat gemaklik is…
Baie keer,
wanneer ons met groot besluite ten opsigte van geleentheid of uitdagings
gekonfronteer word, vergeet ons om te bid, en dit eerstens in God se hande te
sit… Ons raak angsbevange, en sien al
die dinge raak wat kan fout gaan of wat verkeerd is… Ons kyk deur oë van vrees, eerder as om met
oë van geloof te kyk… Partykeer moet
mens maar net die “leap of faith” neem…
Bid, sit jou situasie in God se hande, en vertrou dat HY dinge sal laat
uitwerk soos dit moet!!! As ons in ons
vrese op ons eie kragte probeer staatmaak, en nie vir God ken in ons uitdagings
nie, sal die heel maklikste wees om net NIKS te doen nie… As ons wag vir ONS tyd, sal ons dalk NOOIT
reg wees vir dit wat God vir ons lewens bestem het nie… Ek’t net weereens laas week besef – die LEWE
is ERG kort… Jy mag dalk dink dat daar
nog baie tyd oor is om jou drome waar te maak… Maar realiteit is - die tyd is NOU… Jy het vandag 86,400 sekondes om te leef... Om 'n verskil te maak... Ons moet elk dag aanpak en leef asof dit ons laaste kan wees - dis maklik om die woorde te hoor, of te se, maar om dit werklik te DOEN - dis partykeer n ander storie…
Wees lief vir die mense wat God aan jou geleen het… Say what you need to say, when you need to
say it… God stap ELKE dag saam met
jou… Al wat jy nodig het om te sien, is
die eerste trappie van die uitdaging of geleentheid… Bid daaroor, en vertrou dat God jou die
bevestiging sal gee oor hoe jy moet optree, en wanneer jy moet optree… Hy sal dit aan jou bevesitig deur Sy woord,
deur getuienis, deur drome, medegelowiges ens…
Wanneer Hy dan aan jou bevestig wat dit is wat jy moet doen, MOENIE bang
wees om die eerste tree te gee, en jou voet op die eerste trappie te sit
nie… God stap saam met jou – en Hy sal
SORG dat alles sal uitwerk soos Hy dit bestem het om te wees – al wat ons
moet doen is om in geloof agter God aan te stap, en te LEEF, elke minuut wat
aan ons geskenk is…
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment