Tuesday 16 July 2013

If God can create man out of dust that seems useless...just think what He can do for you in situations that seems hopeless… ~ Anonymous

Haloes! J

If God can create man out of dust that seems useless...just think what He can do for you in situations that seems hopeless… ~ Anonymous

Philippians 4:6
Do not be anxious about anything, but in every situation, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God.

Mark 11:24
Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours.

To be a Christian without prayer is no more possible than to be alive without breathing… ~ Martin Luther

Prayer is the key of the morning and the bolt of the evening… ~ Mahatma Gandhi

Ek dink almal van ons het al situasies beleef waar jy nuwe mense ontmoet, en dan nie regtig weet wat om te sê nie, of waar jy probeer om ‘n gesprek aan die gang te probeer hou terwyl jy een-woord-antwoorde op al jou vrae kry of partykeer geen antwoord all-together nie J Dis moeilik om ‘n situasie te lees as die persoon vir jou nie regtig iets gee om mee te werk nie…

Dis presies dieselfde met gebed! God het iets nodig om mee te werk! God wil hê jy moet aan Hom kommunikeer: Waarvoor jy dankbaar is, wat jou bang of bekommerd maak, die begeertes van jou hart… Die lys is eindeloos!! Dink gou aan ‘n kuier saam met jou hartsvriende… Gaan jy saam met hulle na ‘n ete toe gaan, vir hulle by 'n tafel laat sit en net ‘n lysie versoeke aframmel, en dan sê – “ok, geniet die ete! Gesels weer volgende week!” Ek glo nie EEN van julle sal so ‘n ete wil hê saam ‘n hartsvriend / -vriendin nie! Jy sal wil weet hoe dit met die persoon gaan, jy sal wil gesels oor wat in jou lewe aangaan, maar ook wil weet wat in daardie persoon se lewe aangaan… Jy sal saam drome droom, saam hartseer wees, saam planne maak…

Dis dieselfde tipe verhouding wat God met jou wil hê! Een van give and take… Soos die menseverhoudings wat ons daagliks handhaaf… Ek weet dat mens partykeer droogtes in jou gebedslewe ervaar… Waar jy 1) of nie die woorde kan vind om te bid nie, of 2) waar dit vir jou voel of jy bid, maar jy bid teen die dak vas… In geval 1) sê God vir ons in Sy woord: Romeine 8:26: “Die Gees help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid… Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie… Maar die Gees self, neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie…” Die Gees bid vir jou – DAAGLIKS!! In geval 2) wil ek net vir jou sê om te volhard… Spandeer tyd met God se woord! As jy nie weet wat om te doen nie – BID! Jakobus 1:5 gee vir ons raad – “Vra vir God as jy nie kan agterkom wat jy moet doen nie… Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy gevra het nie…” God sal antwoord, as ons bid en vra… Sy antwoord kom nie altyd in die vorm wat ons wil hê nie, en ook nie altyd op die tyd wat ons dit wil hê nie, maar ek kan jou vanoggend belowe! Dis ALTYD in die REGTE seisoen, en REGTE tyd in jou lewe, sodat jy ULTIMATE seën daaruit kan ontvang!
Baie blessings!

anel*

 

No comments: