Monday 1 July 2013

“Some men see things as they are and say why? I dream things that never were and say why not? ~ George Bernard Shaw

Haloes! :)

“Some men see things as they are and say why? I dream things that never were and say why not? ~ George Bernard Shaw

I am a heir…

Romans 8:17

“Now if we are children, then we are heirs—heirs of God and co-heirs with Christ, if indeed we share in his sufferings in order that we may also share in his glory…”

Colossians 1:12

“and giving joyful thanks to the Father, who has qualified you to share in the inheritance of his holy people in the kingdom of light…”

“Winners lose much more often than losers. So if you keep losing but you’re still trying, keep it up! You’re right on track…” ~ Matthew Keith Groves

“What the mind of man can conceive and believe, it can achieve…” ~ Napoleon Hill

Wanneer mens ‘n erfgenaam van iemand is, beteken dit dat jy geregtig word op ‘n erfporsie, wanneer daardie persoon nie so sterwe…  Vir jou om ‘n erfgenaam te wees, sal gewoonlik beteken dat jy baie vir die persoon beteken het, soveel so, dat die persoon iets van homself of iets waarvoor hy gewerk het, aan jou sal wou agterlaat…  Die erfporsie wat jy dan sal ontvang is verseker nie iets waarvoor jy gewerk het, of waarvoor jy lang ure moes insit nie…  Dis ‘n geskenk, wat iemand anders aan jou toevertrou, omdat hy / sy jou liefhet…

Ons is almal erfgename van God…  Hy het voordat Hy opgevaar het hemel toe, aan elkeen van ons ‘n gedeelte van ons erfporsie al kom gee…  Wat bedoel ek hiermee?  Hy het aan ons die Heilige Gees kom gee, sodat ons NOOIT alleen sal hoef te wees nie…  Hy het ‘n deel van Hom aan ons toevertrou, sodat ons kan weet – in ons langste dag of donkerste nag – God is ALTYD by ons…    Omdat ons erfgename van God is, en eendag die Hemel as ons erfporsie sal ontvang, beteken dit, dat daar geen beperking op ons lewe moet wees, oor wat ons in Christus kan vermag nie…  Jesus het aan elkeen van ons gawes en drome kom gee…  Ek dink egter dat baie drome reeds ‘n vroeë dood sterf, omdat ons, ons ore uitleen aan MENSE…  Omdat ons toelaat dat MENSE met negatiewe ingesteldhede ons drome tot niet maak…  Hierdie aanhaling van Matthew Keith Groves, is ongelooflik…  As jy verloor, of sukkel om deurbrake te beleef, beteken dit NIE dat jy ‘n “loser” is nie…  DIt maak juis van jou ‘n wenner, want om te kan verloor, moet jy probeer…  ‘n “Loser” is iemand wat absoluut niks probeer nie…  Jy het vir God saam met jou, met elke liewe tree wat jy gee…  Die tyd is NOU, om ‘n verskil te maak, om jou drome waar te maak, om te bid, om te groei, om lief te hê, om vir God beter te leerken…  Jesus sal jou NOOIT verlaat wanneer jy besig is om Sy wil vir jou lewe na te jaag en te soek nie…”

Blessings!

Anelli**



No comments: