Tuesday 30 July 2013

“When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it…” – Henry Ford


Haloes! :)

“When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it…” – Henry Ford

1 Corinthians 13:13

"Three things last forever - faith, hope and love, and the greatest of these is love..."

Matthew 11:28

"Jesus said, come to me all of you who are weary and carry heavy burdens, and I will give you rest.."

“You can never cross the ocean until you have the courage to lose sight of the shore..”. – Christopher Columbus

“You can’t fall if you don’t climb.  But there’s no joy in living your whole life on the ground...” – Unknown

As mens op ‘n staptog gaan, het jy sekere goed nodig om seker te maak dat jy die volle roete kan aflê…  Die eerste is, die regte klere…  Jy sal nie met ‘n rok en hoë hak skoene of met ‘n suit en das, Leeukop kan uitklim nie…  Jyt gemaklike stapklere en stapskoene nodig…  Verder sal jy moet sorg vir sonskerm en genoeg water…  Op ‘n warm dag, is dit nodig om kort, kort water te drink, om te verhoed dat jy nie op die ou end aan hitte-uitputting ly nie…  Energie-ryke “snacks”, wat jy kan eet wanneer jy ‘n ruskansie vat, om seker te maak dat jy heelpad genoeg energie sal hê…  Hierdie onbekende aanhaling is vir my SO cool!  Ek wil die bietjie anders struktureer - Jy kan nie val, as jy nie klim nie – maar wat is die pret daarin om jou hele lewe “veilig” te speel en gestrand te wees op een plek??

Ons hou daarvan om “veilig te speel”…  Om ons lewe in ‘n boksie te plaas, en dan nie buite die lyne van daardie boksie te beweeg nie…  Die “boksie” hou ons baie keer gestrand op een plek – binne in ons comfort zone…  Ons vat nie kanse nie, so daar is geen risiko wat ons loop om moontlik te kan seerkry nie…  Dis partykeer soos om jou stapklere aan te hê, jou sak te pak met alles wat jy benodig, maar dan net nie daardie tree wil gee om te begin loop nie… Of die teendeel is ook soms waar…  Ons wil gaan “stap” (lewe), maar ons wil dit doen sonder die dinge wat ons so broodnodig het, om dit te kan oorleef – nl ons water en snacks (God se woord en gebed)…  Ons probeer op ons eie, om die wêreld se probleme te probeer oplos…  Om al ons bekommernisse, vrese, pyn, harsteer, finansiële moeilikheid, siekte, of enige ander curveball wat oor ons pad kom, op ons eie te hanteer, uit te sorteer of op te los…  Ons vergeet baie keer dat God saam met ons stap…  En soos Hy belowe het in Sy woord, dat Hy ons sal dra, daar waar ons fisies nie meer die kapasiteit het om te kan stap nie…  “You do not serve the world by playing small” – Marianne Williamson…  Die beste deel, van byvoorbeeld – Leeukop uitstap, is wanneer jy die bo-punt van dit bereik en jy geseën word met die uitsig van Kampsbaai aan die een kant, en Kaapstad se liggies (in die aand) aan die anderkant…  If you do not dare to dream, dare to live, you will be stranded in one place…  You will not be able to receive all that God has in store for you…  Moenie bang wees om te waag nie…  Dis hoe mens voluit leef…  Partykeer moet mens net oë toeknyp, God vertrou en ‘n leap of faith neem…  God WEET wat Hy vir jou beplan, en Hy sal vir jou sorg…  Sy engele sal jou bewaar dat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…

Blessings!

Anelli**

No comments: