Monday 29 July 2013

“The accident is your training. Life is choice. You can choose to be a victim or anything else you’d like to be.” — Socrates


Haloes! J

“The accident is your training. Life is choice. You can choose to be a victim or anything else you’d like to be.” — Socrates

Romans 15:3

"May the God of hope, fill you with all joy and peace in believing, so that by the power of the Holy Spirit, you may abound in hope..."

Hebrews 10:23

"Let us hold fast, the confession of our hope without wavering, for He who promised is faithful..."

“If you always put limits on everything you do, physical or anything else, it will spread into your work and into your life…  There are no limits…  There are only plateaus, and you must not stay there, you must go beyond them…” - Bruce Lee

“I don’t want excuses. I know what you’re up against. We’re all of us up against something. So you better make up your mind, because until you have the balls to look me straight in the eye and tell me this is all you deserve, I am not letting you fail. Even if that means coming to your house every night until you finish the work. I see who you are. Do you understand me? I can see you. And you are not failing.” – Erin Gruwell

Dis altyd makliker om die potensiaal en goeie dinge in ander mense raak te sien…  In jou eie lewe, is mens geneig om slegs berge van moeilikheid, of al die “boundaries” wat jou inperk raak te sien…  Mens is ook meer geneig om meer in ander te glo, as wat jy in jouself sal glo…  Bruce Lee se aanhaling slaan vandag weereens die spyker op die kop…  Die limiete wat jy plaas op jouself (dalk in jou gedagtes), het ‘n manier om deur te syfer na jou werk, skoolwerk, verhoudings, vriendskappe of sommer net oor hoe jy dink oor jou lewe…  Mens begin dalk dinge vanselfsprekend aanvaar… 

Die lewe het ‘n manier om nie altyd uit te werk soos mens beplan nie…  Mens besef gewoonlik eers die waarde van iets wanneer jy dit nie meer het nie…  Miskien is jy dalk sielsongelukkig by jou werk op die oomblik…  Miskien is jy so negatief dat jy al voor jy begin werk alklaar die geveg verloor het…  Se vanoggend vir God dankie dat jy wel ‘n werk het, dat jy ‘n inkomste het – al is die omstandighede nie altyd soos jy dit sou wou hê nie…  Bid dat God jou hart sal verander, en daardeur jou omstandighede sal verbeter…  Miskien is jou verhouding met jou lewensmaat dalk op onsekere waters… Miskien het julle so lanklaas gesels dat julle eintlik besig om weg te groei van mekaar…  Begin die positiewe dinge van julle verhouding onthou…  Toe julle ontmoet het, die dinge wat julle aangetrek het tot mekaar…  Bou mekaar op – in plaas van om net die negatiewe in mekaar raak te sien – maak ‘n lys van al die positiewe dinge…  Dieselfde met jou familie en vriende – sê vir hulle dat hulle baie vir jou beteken, en sê wat jy moet sê terwyl jy die kans het…  Miskien is jou lewensuitkyk so negatief vanwee die feit dat jy of geliefdes getref is deur siekte…  Miskien het dokters geen hoop meer nie, en het jy ook al in die proses moed opgegee…  Daar waar God is, is GEEN iets onmoontlik nie…  Hy kan ‘n deur maak, waar daar net mure is…  Bid, en glo en spreek lewe in jou lewe…  Miskien is jou lewe onseker op die oomblik vanwee 'n sameloop van gebeure...  Miskien lyk dit vir jou of daar geen uitkoms gaan kom nie - of dat jy net doodloopstrate sien...  Miskien weet jy nie waar om te begin om weer sin te maak van jou lewe nie...  Begin deur te bid...  God antwoord gebede...  God is 24/7 beskikbaar, en Hy sal WERKLIK luister...  Nie soos mense wat dalk "maak" of hulle luister, maar nie eintlik 'n woord hoor wat jy se nie...  Begin deur positief te dink… Because…  Your beliefs become your thoughts, Your thoughts become your words, Your words become your actions, Your actions become your habits, Your habits become your values, Your values become your destiny… ― Mahatma Gandhi

Blessings!

Anelli**

No comments: