Thursday 4 July 2013

“The only thing we have to fear is fear itself…” ~ Franklin D. Roosevelt

Haloes! :)

“The only thing we have to fear is fear itself…” ~ Franklin D. Roosevelt

I am an ambassador…

2 Corinthians 5:20

“We are therefore Christ’s ambassadors, as though God were making his appeal through us. We implore you on Christ’s behalf: Be reconciled to God…”

Galatians 2:20

“I have been crucified with Christ. It is no longer I who live, but Christ who lives in me. And the life I now live in the flesh I live by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me…”

“Do not anticipate trouble, or worry about what may never happen. Keep in the sunlight…” ~ Benjamin Franklin

“Man is free at the instant he wants to be…” ~ Voltaire

‘n Ambassadeur is iemand wat iets verteenwoordig…  Indien die persoon ‘n goeie ambassadeur is, kan hy of sy deur hul optrede die plek / instansie / of roeping wat hulle verteenwoordig, in die proses bevorder deurdat ander persone daarvan bewus raak, en ook  weer op hul manier of op hulle manier betrokke kan raak…  Ek onthou altyd toe ek op skool was, is daar aan ons gesê dat wanneer jy in jou skooldrag buite die skool beweeg, is jy ‘n ambassadeur van jou skool…  Indien jy in jou skooldrag verkeerde dinge aanvang, gaan mense nie sê – “Het jy gesien?? Sannie het dit en dat aangevang nie?”  Nee, hulle gaan sê – kyk daardie xx skool se kinders het alweer dit aangevang…  Daardie skool is darem “up to no good of slegte nuus!”  Dis automaties DIT wat jy verteenwoordig, wat aan jou optrede gekoppel gaan word…

Dis ‘n waarheid om ELKE dag te onthou…  Wanneer jy verklaar dat jy God se kind is, word jy as ‘n Christen geklassifiseer…  Christene, en nie-christene, het ‘n manier om jou dan “dop te hou”, om te kyk hoe jy gaan optree wanneer jy met moeilike situasies gekonfronteer word…  Gaan jou optrede enigsens anders wees as DIE mense wat “claim” om nie-christene te wees nie?  Wat bedoel ek??  ‘n Eenvoudige voorbeeld, is om te kyk hoe jy ‘n nuwe dag tegemoet gaan…  Is jy al negatief nog voor die nuwe dag of week begin, bang vir alles wat moontlik al kan verkeerd gaan of kan gebeur?  Of stel jou jouself in om dit uur vir uur aan te pak, met God aan jou kant??  Jou ingesteldheid is baie keer jou grootste vyand…  Wanneer ons in ‘n see van moeilikheid vasgevang word, is dit baie keer SO maklik om net negatief te wees, en net al die slegte dinge raak te sien…  Jy kan al die geveg verloor, nog voor jy in die bokskryt inklim, omdat jou gedagtes maak dat jy met negatiwiteit gevul is…  Almal van ons ervaar daagliks dinge wat ons bangmaak, dinge wat ons onderkry, of dinge waarvoor ons dalk nie voldoende krag het nie…  Al hoe om dit te hanteer, is om op ons knieë te bly, te bid, en God te vertrou vir die onmoontlike…  En om dan, nadat ons gebid het, uit te gaan en ons beste te gee…  Vat dit dag vir dag, uur vir uur…  NIKS, maar NIKS, kan groter wees, as God nie…  Hy het die DOOD oorwin…  Weet dat die God van die Heelal, jou Hemelse Pappa jou liefhet, en dat Hy met jou sal wees, maak nie saak WATTER uitdagings jy mag face nie…  Hy is met jou…

Baie blessings!

Anelli**

No comments: