Sunday 7 July 2013

The best way to prepare for life is to begin to live… ~ Elbert Hubbard

Haloes! J

The best way to prepare for life is to begin to live… ~ Elbert Hubbard

I am salt…

Matthew 5:13

“You are the salt of the earth. But if the salt loses its saltiness, how can it be made salty again? It is no longer good for anything, except to be thrown out and trampled underfoot…”

2 Corinthians 5:7

“For we live by faith, not by sight…”

I am thankful for all of those who said NO to me. It’s because of them I’m doing it myself… ~ Albert Einstein

The only thing that stands between you and your dream is the will to try and the belief that it is actually possible… ~ Joel Brown

Daar is darem niks lekkerder as om lekker te eet nie…  Lekker kookkos, of braaivleis, saam met lekker geselskap – dis die perfekte resep vir ‘n heerlike aandjie se ontspan en kuier…  Ek is iemand wat baie lief is vir sout…  My kamermaat op Universiteit was nog ‘n groter liefhebber as ek en het altyd ‘n houertjie sout in haar bedkassie gebêre – net vir die wis en die onwis J  Kos sonder geur of smaak, is gewoonlik iets wat reg – “gedokter” kan word met ‘n bietjie sout en peper…

Ons lewens is baie keer soos ‘n bord kos…  Wanneer dit goed gaan, is al die geure, kleure en smake in balans…  Wanneer dit sleg gaan, sukkel ons om die regte kombinasies te laat werk…  Ons kort baie keer ‘n bietjie sout om “smaak” te gee aan ons lewens…  ‘n Fout, is net ‘n fout as dit nie reggemaak kan word nie…  Ek onthou toe ek die HEEL eerste keer skons gebak het…  Ek was nog in die Laerskool en ek wou graag my ouers verras het na ‘n Sondagmiddag slapie…  Ekt die resep gevat en die mates bietjie verkeerd gekry…  My skon mengsel was ‘n waterige gemors…  Ek onthou nog dat my pa in die kombuis gekom het, en toe hy sien hoe my mengsel lyk het hy vinnig besef dat my mates verkeerd was…  Ek kon maklik daardie batch weggooi het, en besluit dat dit “onbruikbaar” was, maar my pa het vir my gese om net nog meel by te gooi… Die uiteinde van die situasie was dat die skons heerlik uitgekom het J  Iets wat as ‘n “flop” begin het, het ‘n perfekte uiteinde gehad…

Miskien het 2013 nie vir jou te great begin nie…  Miskien voel jy dat jy nog nie die helfte van jou drome wat jy vir die jaar gehad het, al bereik nie…  Miskien voel jy dat jy ‘n geurlose en kleurlose lewe lei…  Miskien is negatiwiteit al bril waardeur jy op die oomblik kyk…  My gebed vir jou vandag is dat God jou uitkyk op 2013 sal kom vernuwe…  Dat Hy jou lewe sal kom smaak gee, en vir jou sal gebruik om invloed in ander se lewens te hê!  Dat jy net deur jou andersheid, die geur wat ‘n lekker bord kos afgee, in die mense wat jou lewe binnekom se lewens sal agterlaat…  Mag God jou grootste drome waar maak, en mag God jou gebruik, tot eer en verheerliking van Sy Koninkryk…  Miskien was alles van 2013 nog sover net n flop - gee dit in God se hande en vertrou Hom om hierdie jaar die perfekte uiteinde te gee...

Mag God jou vandag omvou met Sy liefde, genade en seen!!

Blessings!

Anelli**


No comments: