Thursday 11 July 2013

I avoid looking forward or backward, and try to keep looking upward… ~ Charlotte Brontë


Haloes! J

I avoid looking forward or backward, and try to keep looking upward… ~ Charlotte Brontë

Friend of Jesus

John 15:14

“You are my friends if you do what I command…”

Jeremiah 32:27 
                                                                                                             
“Behold, I am the LORD, the God of all flesh; is anything too difficult for Me?”

It has been my observation that most people get ahead during the time that others waste… ~ Henry Ford

Challenges are what make life interesting and overcoming them is what makes life meaningful… ~ Joshua J. Marine

Iemand het eenkeer gesê, daar is ‘n fyn lyn tussen Vader en Vriend…  Ek was weereens gekonfronteer met daardie vraag die afgelope 2 weke – hoe kan God my Vader en vriend wees?  Wat is ‘n Vader?  Iemand wat jou in die wêreld ingebring het…  Iemand wat jou moet beskerm en na jou welsyn omsien…  Iemand wat deur God aangewys is, om in jou tyd hier op aarde na jou te kyk…  Tog is dit baie keer nie hoe baie mense hul aardse Vaders ervaar nie…  Dis iemand wat jou dalk verwerp het, seergemaak het, alleen gelos het of net totaal en al afwesig was…  Wat is ‘n vriend?  Dis iemand wat jy uitkies om saam met jou ‘n pad te stap…  Iemand met wie jy kan gesels, en iemand wat nie toevallig in jou lewe is nie…  Mens kies gewoonlik vriende wat die beste in jou na vore bring…  Respek is  die gemene deler in beide van hierdie tipe verhoudings…  Sonder respek, sal dit moeilik wees om vriendskappe te behou…  Want iemand wat jy nie respekteer nie, gaan jy nie behandel soos God dit bedoel het, dat elkeen van ons behandel moet word nie…

Dink gou aan jou beste vriend of vriendin?  Dis gewoonlik iemand met wie jy sal kan gesels, sonder dat daar “judgements” sal wees…  Iemand wat dieselfde waardes as jy het, en iemand vir wie dieselfde dinge in die lewe belangrik is…  Die mees suksesvolste verhoudings, asook huwelike, is gewoonlik vriendskappe wat in liefde ontpop het…  Wedersydse respek en onvoorwaardelike liefde, is die resep vir ‘n gesonde verhouding…  In ons vriendskappe, maar ook verhoudings, is dit iets wat onthou moet word…  God het jou oneindig baie lief…  En alhoewel jou prentjie van ‘n Pappa dalk ietwat verwronge is, wil Jesus net die beste vir jou hê…  So hoe is dit moontlik dat God jou Pa en Vriend wil wees?  Dink aan ‘n klein seuntjie wie se pa saam met hom bal skop…  Op daardie oomblik is die pa daar om te kyk na die seuntjie – dat hy nie sal seerkry nie, maar ook om te sorg dat hulle ‘n spesiale tyd het – en dat die seuntjie een van sy “skills” sal ontwikkel…  Sy pa is daar vir hom, sou hy dalk val, of die bal misskop en ook daar om saam met hom bly te wees wanneer hy dalk dit regkry om die bal lekker ver te skop…  Sy pa speel dus met hom soos twee maaitjies sal bal skop, maar hy is ook daar om te kyk indien iets dalk verkeerd sal gaan – en die seuntjie ‘n skouer sal nodig hê om op te huil, of iemand sal nodig hê om hom te beskerm teen die wreedheid van die wêreld…  Partykeer wil ons soveel vrae vrae, en dinge probeer bewys – volgens ons menslike insigte…  Eerder as om net te vertrou en te GLO dat God DIE BESTE vir elkeen van ons wil he…  Dat ons net moet vertrou en ‘n lewe van geloof moet lewe…  God is in beheer…  Sit jou hand in Syne en leef vandag met die oorwinning en wete dat Jesus jou liewer het as wat jy ooit sal kan dink…  Hy wil hê dat jy Hom sal vertel van die dinge wat in jou lewe aangaan, jou hoogtepunte, drome, en dinge wat jou dalk hartseer maak…  Vertrou Jesus…  Hy sal jou nie teleurstel nie – al het jou aardse pa dit dalk al gedoen…  HY sal sorg vir SY beste – al wat jy moet doen is vertrou…

Blessings!

Anelli**

 

 

 

No comments: