Friday 19 July 2013

gebedsversoeke

Hi julle almal...
Ekt nounet terugvoer gekry oor my vriendin. Sy moet dadelik begin met 10 bestralings van die rug en daarna 12 chemos van die lewer. Kom ons bid asseblief saam vir haar, en haar gesin vir krag, hoop en moed om hierdie ding te veg!!
Ekt ook 'n ander gebedsversoek ontvang wat ek vertrou julle sal saambid voor:
Kobus en Riekie Willemse in gebed opdra. Hul seun Rayno is velede Sondagoggend (07/07/2013 om 6:10) in ‘n motorongeluk oorlede. Rayno se sussie is die jaar in graad 12 (Montana Hoërskool in Worceser) – sy kry bitter swaar en het baie vrae.-een vraag wat ek nie kon beantwoord nie is: “Tannie Nandie, God het sy Seun vir ons gegee, maar Hy het my broer gevat…...?” Hy was 24 jaar oud. Die ander voertuig se bestuurder is ook opslag dood. Sy naam was Jacques van der Walt (34 jaar) – pappa van 3 kinders…
Hoop julle sal 'n baie geseende naweek he!!
blessings!
anelli**

No comments: