Wednesday 27 May 2015

“Yesterdays home runs don’t win todays game…” ~ Unknown

Haloes! J

“Yesterdays home runs don’t win todays game…” ~ Unknown

John 5:14-15

“This is the assurance we have in approaching God:  that if we ask anything according to his will, he hears us.  And if we know that he hears us--whatever we ask--we know that we have what we asked of him…”

Proverbs 4:23

“Above all else, guard your heart, for everything you do flows from it…” 

“You cannot stop the waves, but you can learn to surf…” ~ Unknown

“Work hard for what you want because it won't come to you without a fight. You have to be strong and courageous and know that you can do anything you put your mind to. If somebody puts you down or criticizes you, just keep on believing in yourself and turn it into something positive…” ~ Leah LaBelle

Ek is seker baie van julle het al ‘n wedstryd of kompetisie gekyk, waar die persoon of span wat jy wil hê moet wen, agter was op die telbord…  Ek glo altyd dat dit nie oor is, totdat die laaste minuut verby is nie, maar die teleurstelling is dikwels bitter groot wanneer mens aanhou hoop, en jou span of speler steeds die onderspit delf…  Daar is gewoonlik twee tipe ondersteuners…  Die wat bly glo tot die einde, en die wat dadelik opgee wanneer die span of speler begin sukkel…

In ons lewens is dit dieselfde…  Soos julle weet is dit nie altyd “plain sailing” nie…  Maar ek dink ons begin baie keer ‘n nuwe dag, met die verslane “attitude” van die vorige dag se teleurstellings…  Ons tob oor dit wat ons verkeerd gedoen het, of dit waarmee ons ongelooflik sukkel…  Ons kyk dikwels so vas in die probleem of uitdaging, dat ons vergeet NA wie ons moet kyk, en met wie ons moet praat in hierdie moeilike tye…  Ons mag dalk vandag 2e op die telbord geëindig het, maar dit beteken nie dat ons môre met ‘n agterstand moet begin nie!  God kom maak die telbord 0-0 elke oggend…  Hy kom gee ons nuwe krag, en nuwe moed wanneer ons opstaan om die nuwe dag aan te pak…  Sy genade, Sy bystand en Liefde, is elke môre NUUT vir my en jou!!  Jesus het aan ons kom wys dat NIKS onmoontlik is, die dag toe Hy aan die kruis gesterf het, en op die derde dag weer opgestaan het uit die dood…  Moenie vaskyk in dit wat in die verlede gebeur het nie…  Moenie vandag begin met ‘n agterstand op die telbord nie, en moet ook nie probeer om vandag se uitdagings met gister se moed en krag aan te pak nie…  Gee dit in Jesus se hande…  Bid dat God vir jou ‘n pad moet maak, waar jy op die oomblik geen pad sien nie…  Dat Hy deure in jou lewe sal oopmaak wat geen mens sal kan toemaak nie…  Dat Hy jou bekommernisse sal wegneem, en dat Hy jou gemoed sal vul met vrede en rustigheid…  Vrede wat net God kan gee…  God SAL vir jou sorg…  Die ou wat wen, is gewoonlik nie die ou wat die sterkste, vinnigste of slimste is nie…  Dis die ou wat weet waar sy krag vandaan kom, wat 5 minute langer aanhou as die een langs hom, en wat weet WIE Sy toekoms in Sy hande hou…  Ek laat jou vandag met Jeremiah 29:11 – “For I know the plans I have for you… Plans to prosper you and not to harm you… Plans to give you hope and a future…”

blessings!
 
anel xx 

No comments: