Monday 18 May 2015

“Change can be scary, but you know what’s scarier? Allowing fear to stop you from growing, evolving and progressing…” ~ Mandy Hale

Haloes! J

“Change can be scary, but you know what’s scarier? Allowing fear to stop you from growing, evolving and progressing…” ~ Mandy Hale

Proverbs 18:10

“The name of the Lord, is a strong tower…  The righteous run to it and are safe…”

Hebrews 13:5

“Never will I leave you, never will I forsake you…”

“Your time is limited, so don’t waste it living someone else’s life…  Don’t be trapped by Dogma – which is living with the results of other people’s thinking…  Don’t let the noise of others’ opinions drown out your own inner voice…  And most important, have the courage to follow your heart and intuition…” ~ Steve Jobs

“When you do the right things in the right way, you have nothing to lose because you have nothing to fear…” ~ Unknown

Ek dink dat die enigste konstante in vandag se tye, verandering is…  Met tegnologie wat elke dag verbeter word, moet mens saam met die tye verander, of jy sal agterkom dat jy baie vinnig agtergelaat word…  Verandering kan super scary wees en 99% van die tyd word daar negatiwiteit daaraan gekoppel – omdat dit iets is wat ons buite ons comfortzone sit, as gevolg van die ONBEKENDHEID daarvan…  Nuwe werk, nuwe skool, nuwe huis, nuwe verhoudings…  Alles dinge wat sal verg dat jy sal moet aanpas by die “nuwe” en die “oue” maar as ‘n goeie herinnering te koester…  Ek dink een van die AWESOMESTE blessings wat God vir ons gegee het, is om geheue te kan hê – sodat jy spesiale tye kan koester in jou gedagtes…  Deur voluit te leef, maak ons “memories” wat ons ‘n leeftyd kan hou…  Wanneer jy mense wat vir jou baie spesiaal is moet “agterlaat” as gevolg van verandering, “verloor” jy nie alles nie – want die spesiale tye wat saam beleef is, is iets wat jy sal kan agterhou…

Verandering HOEF nie negatief te wees nie…  Ek dink ons uitkyk, en hoe ons dit aanpak, is dikwels wat die deurslag gee…  Ons probeer baie keer om ons probleme of uitdagings in “kompartemente” of “boksies” te pak…  Ons vat dit dan “boksie” op ‘n slag, maar 99% van die tyd, probeer ons soos SuperMan of SuperWoman, ons lewens se probleme op ons eie uit te sorteer…  Ons vergeet dat God by ons is, en dat Hy BAIE meer experience as ons het om verandering kaf te draf, of om probleme uit te sorteer…  Gaan sit sommer NOU alles wat jou pla, of moontlik besig is om te verander in jou lewe, by God se voete neer…  Vertel Hom van wat jou bang maak, van dit wat jy face, en dit wat jou asem wegslaan, omdat dit SO onbekend is, en vir jou SO onmoontlik lyk…  Iemand het laas week op Facebook gesit – “moenie toelaat dat ENIGE IEMAND jou vertel dat jy nie KAN nie…  Want die Woord sê in Fillipense 4:13 – Jy is tot ALLES in staat deur Hom wat jou die krag gee…”  God KAN die onmoontlike moontlik maak…  Ek dink ons fokus of vertroue is dikwels in wat ons WEET of wat ons Aardse krag vir ons duidelik maak – wat maak dat ons vergeet dat ons ‘n God dien wat spesialiseer daarin om die onmoontlike, moontlik te maak…  VERTROU God…  Hy sal jou dra deur die dinge wat vir jou te groot is om te verstaan, of verandering wat jou lamlaat met vrees as gevolg van die onbekende daarvan…  Partykeer is verandering, presies wat mens nodig het, om wou “op te set” vir die BESTE dinge wat moontlik in jou lewe kan gebeur…  God sal dinge laat uitwerk soos, en wanneer dit moet… VERTROU Hom…

Blessings!

Anel xx

No comments: