Monday 25 May 2015

“Not once does the bible say, worry about it, stress over it or figure it out… But over and over it clearly says, trust God...” ~ Unknown

Haloes! J

“Not once does the bible say, worry about it, stress over it or figure it out…  But over and over it clearly says, trust God...” ~ Unknown

Psalm12:13

“Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie…”

Philippians 4:4-7

“Rejoice in the Lord always.  I will say it again:  rejoice!  Let your gentleness be evident to all.  The Lord is near.  Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God.  And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus…”

“How we walk with the broken, speaks louder than how we sit with the great…” ~ Unknown

“Be crazy, be stupid, be weird, be silly…  Be whatever, because life is too short to be anything but happy…” ~ Minions

Matthew 6:34 sê – “Therefore do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Each day has enough trouble of its own…”  Ons raak so maklik vasgevang in bekommernis…  Jy kan dalk jou dag met die beste voornemens tegemoet gaan, maar sodra die dinge begin verkeerd gaan, oorval die angs en bekommernis jou weer van voor af…  Oorsake van bekommernis, is gewoonlik dinge soos:  onsekerheid, eensaamheid, hartseer, siekte, verhoudings, werkspanning, studies en omstandighede buite ons beheer…  Die een gemene faktor in al hierdie dinge, is onsekerheid…  Ons weet nie wat die dag van môre gaan bring nie…  ’n Mens kan jou planne maak, maar God se wil sal uiteindelik geskied…  En die lewe het ’n manier om partykeer dinge baie anders te laat uitwerk as wat mens hoop en beplan!  Jy kan ’n spesifieke idee in jou kop hê van hoe dinge moet uitwerk, maar God kan dalk iets heeltemal anders vir jou ingedagte hê!

As jy gou terugdink oor hierdie jaar sover – die dinge waaroor jy bekommerd was, het bekommernis jou gehelp om dit uit te sorteer?  Ek dink daar is seker ‘n 1% kans dat dit het!  Al wat dit gewoonlik doen is om jou te kom tap van jou krag wat jy het vir die dag…  Miskien is jy op die oomblik in onsekerheid gedompel…  Of dit is vanweë jou werk, jou verhouding, siekte wat miskien onverwags by die voordeur ingestap het, of jy in die regte studierigting is?  Dink gou aan ’n sportwedstryd / enige kompetisie…  Daar is altyd 2 moontlike uitkomste – jy kan of wen, of verloor…  50:50…  Dit gaan jou egter nie stop om deel te neem nie – want jy weet daar is ’n moontlikheid dat dit jy die oorwinning kan behaal!  Hoekom stop die moontlikheid van 50:50 situasies dan om die lewe te leef?  Ons word so totaal en al oorweldig deur onsekerheid, dat ons, onsself nie ’n kans gee nie!  Ek dink ons, is baie keer ons eie grootste vyand!  Ons laat die duiwel toe om saadjies van ongeloof in onsself, maar ook in God se vermoens te kom plant in ons lewens…  ’n Mens verloor baie keer klaar die stryd, nog voor jy begin het – net vanweë jou negatiewe ingesteldheid…  Die drome, en hoop wat jy met jou saamdra, is God-geïnspireerde drome!  Al raad wat ek het, wanneer onsekerheid jou wil lamlê – is om tyd met God in gebed deur te bring!  Hy SAL sorg…  If God brings you to it – He will get you through it…  Moenie so bang wees vir die onsekerheid van nuwe uitdagings dat jy nie eens probeer nie!!  Daar is ‘n 50:50 kans dat dit sal uitwerk, en indien dit nie uitwerk nie, sal God dit op ’n manier LAAT werk in jou lewensverhaal!!  He is able to make a wrong into a right!  Dit is vir Hom moontlik om deure oop te maak, wat niemand kan toemaak nie!  Neem daardie LEAP of FAITH, deur jou geloofskoene aan te trek, en die pad te stap waarop Hy jou wys…  Hy sal aan jou die rustigheid gee wat jy nodig het, sodat jy sal weet jy is besig om in Sy wil te wandel…  Moenie dat die duiwel jou weerhou daarvan om te LEEF nie!

Blessings!

Anelxx

 

 

No comments: