Sunday 31 May 2015

“Everything comes in time to him who knows how to wait…” ~ Leo Tolstoy

Haloes! :)

“Everything comes in time to him who knows how to wait…” ~ Leo Tolstoy

Ephesians 2:19

“Consequently, you are no longer foreigners and strangers, but fellow citizens with God’s people and also members of his household…”

1 Corinthians 2:7-9

“But we impart a secret and hidden wisdom of God, which God decreed before the ages for our glory. None of the rulers of this age understood this, for if they had, they would not have crucified the Lord of glory. But, as it is written, ”What no eye has seen, nor ear heard, nor the heart of man imagined, what God has prepared for those who love him…”

“Enjoy the little things, for one day you may look back and realize they were the big things…” ~ Robert Brault

“Whether you think you can or think you can’t, you’re right…” ~ Henry Ford

Daar is vir my niks meer frustrerend om te wag nie…  En mens word gewoonlik die meeste getoets met “wag”, wanneer jy die dag werklik nie tyd daarvoor het nie!  In die verkeer, in ‘n dokter se spreekkamer, wanneer jy dalk ‘n afspraak het met iemand wat “laat loop”, as gevolg van ander afsprake wat hom / haar laat gemaak het…  Of wanneer jy na iets lekker uitsien, soos om met vakansie te gaan, of om vriende te sien wat jy lanklaas by uitgekom het, of ‘n lekker funksie wat jy moet bywoon, kan die tyd partykeer verby sleep…  Wanneer daardie oomblik waarna jy so uitgesien het, uiteindelik aanbreek, is dit dikwels weer in ‘n oogwink verby!  Die teenoorgestelde is ook natuurlik waar – as daar dinge is waarteen jy opsien, of slegte situasies is waarin jy jouself bevind, het tyd ‘n manier om weer BITTER stadig verby te gaan…

Baie keer is dit wat God vir ons wil hê, iets wat ons sal ontvang wanneer ons WAG op Hom…  Wanneer ons nie moeg raak om te bid daarvoor nie, maar wanneer ons aanhou om Hom te vertrou – al sien ons dalk nie op die oomblik resultate raak nie…  Dit sê seker nie verniet in 2 Petrus 3:8 dat ‘n 1000 jaar soos ‘n dag vir God is nie :)  Tyd is relatief…  Maar God is ALTYD betyds…  Hy weet watter seisoen jy tans in jou lewe ervaar…  En jy kan vandag met ‘n geruste hart WEET – winter hou nie verewig aan nie…  Lente en somer is vir jou gewaarborg!  God sal sorg dat die seisoene op die regte tyd verwissel, sodat jy die pragtige blomme wat in die lente blom, of die pragtige sonsondergange van die somer, ook in jou lewe sal kan smaak…   Wees dankbaar vir die klein dingetjies wat jy tans kan raaksien tussen al die reën, wind en wolke…  Omdat die son nie fisies skyn in jou lewe nie, beteken dit nie dat dit nie daar is nie…  God is net ‘n gebed ver…  Hy sal jou wys wanneer wat moet gebeur, hoe jy moet optree, en vir jou geduld gee om te WAG, vir die goeie goed wat Hy REEDS vir jou het, wat weer op JOU wag…  Mens kan nie in die oggend opstaan en ‘n perfekte sonsondergang sien nie…  Jy moet opstaan, jou dagtake verrig en leef, ten einde aan die einde van ‘n dag beloon te word met die sonsondergang…  ‘n Sonsondergang se tyd is in die aand…  Wag op God…  Sy beplanning sal jou NIE teleurstel nie…

Blessings!

Anelxx

No comments: