Sunday 17 May 2015

“In the blink of an eye everything can change… So forgive often, and love with all your heart… You may not have that chance again…” ~ Unknown

Haloes! J

“In the blink of an eye everything can change…  So forgive often, and love with all your heart…  You may not have that chance again…” ~ Unknown

Mark 11:24

“Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”

James 1:6

“But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…”

“When God decides to bless you, He will cause situations to come together in your favour…  no matter what others try to do…” ~ Christie Joyner

“Don’t think too much…  You’ll create a problem that wasn’t even there in the first place…” ~ Unknown

Ons almal hou van goeie nuus…  Ek dink as elkeen van ons ‘n keuse gehad het tussen goeie en slegte nuus, sal ons die goeie verkies…  Ek’t al baie keer opgelet dat wanneer iemand vra – “I have got good news, and bad news, which do you want to hear first?” – sal mense die slegte eerste kies, ten einde die beste vir laaste te los…  Ek dink dat in die tye waarin ons leef, verwag mens altyd die slegste – net omdat dit is waarmee ons op ‘n daaglikse basis gekonfronteer word…  As mens dink aan wat die hooftrekke haal op die Nuus, is dit gewoonlik die minder goeie dinge (misdaad, moord, natuurrampe, of politiek)…

Ek’t verlede week ‘n documentary gekyk wat Carte Blanche voorberei het op die aarbewing (toe nog net die eerste ene wat plaasgevind het), in Nepal…  Ek dink nie ons kan onsself vir ‘n oomblik indink waardeur daardie mense op hierdie oomblik gaan nie…  Hulle lewe het as’t ware “in the blink of an eye” verander…  Carte Blanche het met van die toeriste gesels, en hulle het vertel hoe hulle nog die vorige dag van die landmerke besigtig het, en hoe alles in ‘n oogwink in duie gestort het met die aardbewing wat 7.8 op die Richterskaal gemeet het…  Meer as 8 000 mense is oorlede – as resultaat van die eerste aardbewing…  Dis mense, soos ek en jy, wat opgestaan het, reg gemaak het om werk toe te gaan die oggend, en wie se lewe SO totaal hand-om-keer verander het binne 24 uur…  Ek weet nie WAAR jy jouself bevind op hierdie stadium van jou lewe nie…  Al wat ek weet, is dat ons ELKE dag moet leef asof dit ons laaste kan wees…  Moenie kwaad werk of skool toe gaan nie…  Wanneer jy uit die huis uit stap, moet jy met ‘n geruste hart die dag tegemoet kan stap – sodat indien jy dalk nie weer jou geliefdes sien nie – jy nie gevul sal wees met REGRET vir die res van jou lewe nie…  In Nepal kon daar dalk mense gewees het wat nie hul geliefdes gegroet het nie…  Wat dalk betrokke was in rusies…  Wie se saak nog nie met die Here reg was nie…  Ek weet nie WAT die toekoms vir ons inhou nie, maar ek weet WIE ons toekoms in Sy hande hou…  God is BY jou en my, en Hy stap elke tree wat jy gee saam met jou…  Hy het reeds ons plekke vir ons reggemaak by Hom in die Hemel – die vraag is, of ONS saak reg is?  Het jy God lief met jou hele hart, en het jy Hom al aanvaar as jou Hemelse Pappa?  Is jou saak reg met jou geliefdes en vriende?  WEET hulle dat al maak julle mekaar meeste van die tyd MAL, dat jy hulle liefhet en dat jy vir hulle daar is?  Kan ander jou lig sien skyn in die donker wêreld of is jou liggie maar flou vanweë al die donker waarmee jy omring is?

JY kan vandag nog jou saak met God regmaak…  Hy luister – en Hy is 24/7 vir jou beskikbaar…  Bid die volgende gebed saam met my, as jy Jesus vir die eerste keer wil innooi in jou lewe in, of as jy opnuut jou saak wil “re-commit”, as jy dalk ‘n bietjie weggedwaal het…
“Jesus, baie dankie dat ek vandag die geleentheid het om myself te commit…  Ek bid dat U my sal lei, op die pad wat U vir my bestem het om te loop…  Met my foute en al, kom staan ek voor U, en ek bid dat U my sal vergewe…  Ek wil geloof hê soos ‘n kind, en ek wil U volg, ek wil U lig laat skyn in hierdie donker wêreld…  Gebruik my, soos U wil…  Dankie Jesus, dat ek kan weet dat ek NOOIT alleen sal wees, solank as wat ek vir U het nie… Amen”

Blessings!

Anel xx

No comments: