Tuesday 12 May 2015

“Obstacles don’t have to stop you. If you run into a wall, don’t turn around and give up. Figure out how to climb it, go through it, or work around it.” – Michael Jordan

Haloes! J
 
“Obstacles don’t have to stop you. If you run into a wall, don’t turn around and give up. Figure out how to climb it, go through it, or work around it.” – Michael Jordan
 
Isaiah 12:2
 
“Behold, God is my salvation; I will trust, and not be afraid: for the LORD JEHOVAH is my strength and my song; he also is become my salvation…”
 
Nahum 1:7
 
“The Lord is good, a refuge in times of trouble.  He cares for those who trust in him…”
 
“In times of great stress or adversity, it’s always best to keep busy, to plow your anger and your energy into something positive…” – Lee Iacocca
 
“It is only in our darkest hours that we may discover the true strength of the brilliant light within ourselves that can never, ever, be dimmed.” – Doe Zantamata
 
Ek is seker elkeen van julle ken daardie “maze” speletjies wat al baie in koerante of tydskrifte was.   Jy moet dan van die beginpunt ‘n lyn trek soos wat jy sal kan beweeg van die beginpunt totdat jy by die eindpunt kom, sonder om verstrengel te raak of die verkeerde pad te kies…  Ek hou van sulke kopkrappers – dis vir my lekker om te moet uitfigure (en ook om te kyk hoe vinnig ek dit kan regkry!). 
 
Die lewe is egter nie so maklik soos hierdie speletjies nie…  Want baie keer is ons so vasgevang in DIE lewe en al sy uitdagings dat ons net die doodloopstraat voor ons sien…  Wat ‘n speletjie anders maak, is dat ons die speletjie van bo-af sien…  Jy sien dus al die verskillende opsies wat voor jou lê, en dis makliker om te kan sien dat SOU ek dalk A kies, sal dit my in staat stel om te kan beweeg na B of C…  Maar sou ek D kies, sal ek myself in ‘n doodloopstraat bevind, en al hoe ek van D af kan aanbeweeg, is om my steps te “re-trace” en weer te probeer…  Hoe dan nou gemaak met die lewe??  Hoe kan  ek dit aanpak, en nie vasgevang raak op die verkeerde pad, of so vasgestrengel raak in die detail, dat ek nie oplossings kan sien nie – maar slegs problem??  Die antwoord is maklik – al is die vraag bitter moeilik…  God sien ons lewe van BO af…  Hy sien die groter prentjie - selfs wanneer ons dit nie sien nie...  Hy hou daagliks oor ons die wag…  Hy is ‘n gentleman God wat nie Sy besluite op ons sal afdwing nie, maar Hy SAL jou help wanneer jy Hom vra… Hy sal jou voete lei, om te stap op die pad wat Hy vir jou bestem het!  Sit jou lewe in God se hande!  Jy hoef nie self te DEAL met die moeilikheid wat tans op jou pad lê nie…  God weet hoe hierdie “moeilikheid” of uitdagings moet uitwerk ten einde vir jou GROOT seën uit die situasie te gee…  Moenie toelaat dat hindernisse in jou pad, jou stop nie… Bid, vertel God wat aangaan in jou lewe en GEE dit oor in Sy hande…  Moenie self probeer oplossings vind, of die dinge waarmee jy struggle SELF te probeer hanteer nie…  God is BAIE beter met dit as ons, en Hy sal sorg!  Hy sal jou help om oor die “mure te klim”, of dalk ‘n pad onder-deur te grawe…  Maar gee dit vir Hom…  Hy is 24/7 by jou – jy’t ‘n direkte telefoonlyn na Hom…  Vertrou net – en hou moed!  Deurbrake is baie nader as wat jy dink!
 
Blessings!
 
anel xx

No comments: