Sunday 24 May 2015

"It only takes one person to change your life: YOU..." ~ Ruth Casey

Haloes! J

“It only takes one person to change your life: YOU…” ~ Ruth Casey

Philippians 4:8

“Whatever is true, whatever is noble, whatever is right, whatever is pure, whatever is lovely, whatever is admirable--if anything is excellent or praiseworthy--think about such things…”

Psalm 16:11

“You have made know to me the path of life; you will fill me with joy in your presence, with eternal pleasures at your right hand…”

“Sometimes you have to forget what you feel and remember what you deserve…” ~ Unknown

“Successful people never worry about what others are doing…” ~ Kushandwizdom

Ek dink ALMAL van ons het al op een of ander tyd van ons lewens geworstel met kompetisie…  Ek moet beter aantrek, beter punte kry, beter presteer by die werk, ‘n beter kar ry, by beter restaurante eet, of sommer net met beter mense meng as X…  Ek dink dis seker maar deel van menswees ten einde jouself met ander te vergelyk…  Ek dink wat ons baie keer doen, is om ons swakhede te vat, en dit te vergelyk met iemand anders se sterkpunte…  Ons vergelyk appels en pere wanneer ons, onsself met ander vergelyk!  Die kriteria vir die vergelyking is ook baie keer om onsself met ‘n baie meer kritiese benadering te bekyk as wat jy na iemand anders sal kyk…  By jousself sal jy eerder foute raaksien as goeie goed, en by ander, sal jy weer net alles raaksien wat hulle beter maak as jy…

Dis ons liewe vriend DUIWEL, wat besig is om verdriet te saai wanneer dit gebeur…   Hy wil jou laat vaskyk in jou OMSTANDIGHEDE, eerder as in God…  Want hy weet dat as ons brein magtig was om te besef HOE groot God is, watse ongelooflike impak Hy in ons lewens kan hê as ons net GLO, sal sy (die duiwel se bestaan) sinneloos wees…  Hy het REEDS teen die Oorwinnaar verloor, die dag toe Jesus vir jou en my sondes aan ‘n houtkruis vasgespyker is…  Ek dink ook nie altyd ons besef die GROOTHEID van die LIEFDE wat Jesus vir ons het nie…  Die dag wat Hy vir ons gesterf het, is ‘n HUGE bewys van wat liefde is…  Dus, kyk na wat jy WEL het…  Elkeen van ons is geseën met gawes…  Gawes wat ons kan uitvoer om aan Jesus die eer te gee!  God sal jou help om dit wat jy het – vir jou te laat werk…  Vertrou Hom met dit wat jy het!  Maak vir Hom plek in jou lewe en laat Hom toe om deur jou te werk, sodat jy Sy ligdraer vir hierdie wêreld kan wees…  Die gras lyk gewoonlik net groener aan die ander kant – so hou op om negatief te wees oor wat almal anders het en fokus op wat jy wel het…  Jy het ‘n Hemelse Vader wat jou ONMENSLIK lief het!  Wat ENIGE iets sal doen vir jou…  Die krag wat Sy woord, en wat Hy het is magtig om SOVEEL meer in jou lewe te doen as wat jy ooit sal kan hoop of dink…  VERTROU, en LEEF soos iemand wat iets het om te vier!  Elke dag behoort ‘n dag van danksegging te wees vir dit wat God reeds vir ons gedoen het, maar ook in afwagting van wat Hy nog alles deur Sy krag wat in ons werk gaan verrig!

Blessings!

Anel xx

 

 

 

No comments: