Monday 20 January 2014

“When you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to show us the way.” ― Paulo Coelho

Haloes! J

“When you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to show us the way.” ― Paulo Coelho

Colossians 3:23

“Whatever you do, work heartily, as for the Lord and not for men. Knowing that from the Lord you will receive the inheritance as your reward. You are serving the Lord Christ…”

Colossians 3:17

“And whatever you do, in word or deed, do everything in the name of the Lord Jesus, giving thanks to God the Father through him…”

“The past has no power over the present moment.” ― Eckhart Tolle

“When we least expect it, life sets us a challenge to test our courage and willingness to change; at such a moment, there is no point in pretending that nothing has happened or in saying that we are not yet ready. The challenge will not wait. Life does not look back. A week is more than enough time for us to decide whether or not to accept our destiny.” ― Paulo Coelho

As jy op paaie moet reis waar jy nie voorheen gery het nie – wat maak jy??  In vandag se tye het ons GPS, en meeste mense het ‘n slimfoon waarop kaarte is wat die roete uitstippel wat jy moet neem om jou eindbestemming te bereik…  Of as jy dit verkies, kan jy ‘n kaart bestudeer en die roete vind wat die vinnigste en effektiefste roete volg…  Is dit ‘n gegewe dat jy NOOIT verkeerd sal ry as jy al hierdie hulpmiddels gebruik?  Verseker nie!  Daar kan moontlik ‘n afdraai wees wat jy mis, of jy kon die kaart verkeerd verstaan het, ‘n tyd lank verdwaal wees, voor jy weer jou pad vind…  Die rukkie wat jy verkeerd ry, kan somtyds voel soos vermorste tyd – maar ek BELOWE jou, 99% van die tyd sal jy ‘n storie hê om te vertel nadat jy die verkeerde afdraai gevat het J

Hoe kom ons uit op die lewenspad wat God vir ons bestem het, kan jy dalk wonder?  Deur die besluite wat ons maak daagliks…  Dink gou – waar jy jou op HIERDIE dag, en oomblik bevind, is indirek ‘n uitvloeisel van besluite wat jy geneem het…  Is daar ‘n kans dat ons God se wil vir ons lewe kan MIS?  Ek dink die enigste manier om dit te doen, is wanneer ons Hom nie ken in ons besluitneming nie…  AS ons nie bid voordat ons groot besluite neem nie…  MAAR, ek glo dat God dinge ALTYD sal laat uitwerk…  Selfs waar ons besluite geneem het sonder sy “input” of waar ons dalk ‘n verkeerde afdraai in ons lewe geneem het, en vir ‘n ruk lank gestap het op ‘n pad wat nie is waar ons behoort te wees nie…  Ek glo God vir jou en my ‘n pad weer sal oopmaak wat aansluit by daardie verkeerde pad, om ons weer op koers te kry vir waar Hy ons wil gebruik…  God is ‘n gentleman, en HY gaan jou verseker nie forseer om ‘n pad te stap wat jy nie wil stap nie…  Hy sal bly wag vir jou, en saam met jou stap totdat jy terugkom na Hom toe…  Paulo Coelho se aanhaling is vir my super cool…  Want terwyl ons, ons lewenspaadjie stap, is ons baie keer so bang om foute te maak, dat dit ons weerhou daarvan om ten volle te lewe…  Teleurstelling en situasie waarin dit voel of ons as die “verloorder” wegstap, is alles situasies wat God gebruik om ons te laat groei, en waarin HY ons sterk maak…  Ek’t nou al oor en oor in my lewe gesien dat goed somtyds met ons gebeur wat ons nie kan verstaan nie…  Dis eers met tydsverloop wat mens kan agterkom dat God ‘n doel gehad het, en dat Hy dan ons swaarkry gebruik, om vir ander mense te bemoedig…  Mens kan net werklik verstaan waardeur iemand anders gaan, wanneer jy al dieselfde pad moes stap…  Moenie bang wees om die pad te stap wat God aan jou uitwys nie…  In die liedjie van Sidewalk Prophets [Help me find it] – sing hulle: I am giving you fear, You give me faith…  If there’s a road I should walk, help me find it, if I need to be still, give me peace for the moment…  Whatever your will, can you help me find it…”  Wanneer jy vra, SAL God antwoord…  Hy sal jou wys wat die pad is wat jy moet stap…

Blessings!

Anel**

 

 

 

 

No comments: