Tuesday 21 January 2014

“He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche

Haloes! J

“He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche

Luke 1:37

"For nothing will be impossible with God.”

Isaiah 41:13

“For I, the Lord your God, hold your right hand; it is I who say to you, “Fear not, I am the one who helps you.”

“Be thankful for what you have; you'll end up having more. If you concentrate on what you don't have, you will never, ever have enough”― Oprah Winfrey

“Why are trying so hard to fit in, when you're born to stand out” ― Oliver James

Ek dink meeste van ons hou nie van situasies wat jou uit jou comfortzone uit dwing nie?!  Soos verandering…  Ek onthou toe ek in Standerd 7 in ‘n nuwe skool begin het, was dit ‘n GROOT uitdaging…  Koshuislewe, en die feit dat ek NIEMAND geken het nie, was nogals ‘n moeilik!  Die ander moeilikheid wat ek in die gesig gestaar het, was dat die “groepies” reeds gevorm was, aangesien meeste van die meisies in Standerd 6 saam begin het…  Wat die situasie makliker gemaak het, was dat ons 3 nuwe meisies was wat saam begin het…  In sulke situasies “stick” die mense wat in dieselfde bootjie is, gewoonlik saam…  Jy ervaar dieselfde dinge, en sameloop van omstandighede maak gewoonlik dat jy “instant” vriende raak J  Dis makliker wanneer jy ‘n pad stap, SAAM met iemand wat dieselfde vrese, hartseer en ook opgewondenheid het as jy…

Hoekom is jy op hierdie aardbol?? Het jy al daaroor gewonder?  Die antwoord is MAKLIK…  Want God, het ‘n DOEL vir jou lewe…  Jy is geskape met PURPOSE…  Dis nie maar toevallig dat jy hier is nie – God het al oor jou gedroom, nog voordat jou ouers op hierdie aardbol was!  Dit was Sy plan dat jy in hierdie dag en tyd leef…  Ek raak so kwaad as mense praat dat die kind ‘n “glips” was…  Want al het JY nie die kind beplan nie, was die kind verseker binne GOD se plan…  En aangesien God aan jou asem in jou longe gegee het, beteken dit dat Hy vir jou ‘n spesifieke doel het!  Hy wil jou gebruik, tot eer van Sy Koninkryk…  Al wat Hy van jou vra, is dat jy gewillig moet wees!  Al voel dit vir jou of jy nog nie weet wat jou doel op aarde is nie – don’t despair…  Baie keer gebruik God mens nog sonder dat jy dit besef!  Wanneer jy op jou knieë gaan en werklik God se wil vir jou lewe soek, SAL HY dit aan jou uitwys…  Sommige mense vind al hul doel wanneer hulle nog klein is, terwyl ander hulle doel op hulle oudag vind J  Moenie probeer om “in te blend” nie…  GOD het jou bestem om UIT te staan!  Wanneer mens ‘n doel het om te lewe, kan jy dit op ENIGE manier doen! JY is ‘n Koningskind – en dit wat jy kan vermag deur God wat jou die krag gee, is ONBEPERK! Moenie beperkings op jou lewe plaas nie – Jy is tot ALLES in staat deur Hom wat jou die krag gee! (Fillipense 4:13)

Blessings!

Anel**

No comments: