Wednesday 15 January 2014

“When you are measuring life, you are not living it…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“When you are measuring life, you are not living it…” ~ Mitch Albom

Proverbs 16:9

The heart of man plans his way, but the Lord establishes his steps.

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for evil, to give you a future and a hope…”

“Scars have the strange power to remind us that our past is real.” ― Cormac McCarthy

“The best things are never arrived at in haste. God is in no hurry; His plans are never rushed.”
― Michael Phillips

GROOT bome is vir my SOOO mooi…  Ek’t bietjie op die internet gaan soek vir prentjies, en het op ons Nasionale boom afgekom – die Geelhout boom, is 36,6m hoog en hierdie foto is in Tsitsikamma geneem (ek heg ‘n prentjie aan).  Het jy al gedink hoe raak ‘n boom so groot?  Verseker nie oornag nie!  Jy sal heel waarskynlik ‘n klein boompie plant…  Vir die boom om wortel te skiet, moet dit in die regte grond, en klimaat geplant word…  Vir ‘n boom om baie groot te raak, moet die wortels diep geanker wees in die grond – sodat dit nie met die eerste reën of storm-weer uit die grond geruk word deur die wind nie…  Die boom moet genoeg sonlig en water kry – die balans moet reg wees…

Al hierdie dinge is van toepassing op ons lewens…  Ons bereik nie oornag ons drome en ideale nie…  Ons is nie oornag die mense wat God ons bestem het om te wees nie… Dit neem tyd, harde werk, deursettingsvermoë en geduld…  Geduld om te wag vir GOD se tyd…  En die belangrikste is dat ons WORTELS geanker moet wees in God – dat die fondasie van ons geloof stewig is, sodat ons sal staande bly wanneer moeilike tye oor ons pad kom…  Dat ons op God sal fokus vir ons krag, kos, rus en dat ons God se liefde vir ons, sal LEEF…  Dat ons balans in ons lewens sal handhaaf – ten einde te voorkom dat ons lewens in verkeerde goed geanker word…  Wat bedoel ek hiermee??  Moenie in hierdie nuwe jaar moed opgee voordat daar tyd was vir God se plan om in jou lewe vorm aan te neem nie…  Moenie iets probeer “ryp druk” omdat jy nie langer kan wag nie – WAG…  God WEET wat Sy plan vir jou lewe is…  Moenie jou lewe “anker” in geld, of in jou werk, jou verhouding of vriende nie…  Maak God jou nommer 1!  Met Hom eerste, sal Hy die res van die dinge in plek laat val…  Hy is ‘n God wat soveel groter drome vir jou droom as wat jy ooit sal kan hoop of dink!  Moenie uitmis op alles wat Hy vir jou het, en waarmee Hy jou wil seën, deur jou lewe op die verkeerde dinge te basseer nie…  Die lewe is KORT!  Moenie uitmis op ongelooflike ervarings omdat jy net bestaan en nie werklik LEEF nie…  God wil ‘n LEWE vir jou hê!  Een wat VOL stories sal wees, sodat wanneer jy op die ouetehuis se stoep sit – jy mense sal kan betower, met alles wat jy saam met God beleef het in jou tyd op aarde…

Blessings vir jou!

Anel**



No comments: