Tuesday 14 January 2014

“We all yearn for what we have lost, but sometimes we forget what we have…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“We all yearn for what we have lost, but sometimes we forget what we have…” ~ Mitch Albom

Romans 8:38

“I believe that the present suffering is nothing compared to the coming glory that is going to be revealed to us…”

Ecclesiastes 3:1-8

“For everything there is a season, and a time for every matter under heaven: a time to be born, and a time to die; a time to plant, and a time to pluck up what is planted; a time to kill, and a time to heal; a time to break down, and a time to build up; a time to weep, and a time to laugh; a time to mourn, and a time to dance; a time to cast away stones, and a time to gather stones together; a time to embrace, and a time to refrain from embracing…”

“Time is an equal opportunity employer. Each human being has exactly the samenumber  of hours and minutes every day. Rich people can't buy more hours. Scientists can't invent new minutes. And you can't save time to spend it on another day. Even so, time is amazingly fair and forgiving. No matter how much time you've wasted in the past, you still have an entire tomorrow.” ― Denis Waitley

Ek onthou toe ek baie klein was (4 / 5 jaar oud), het ek een nag ‘n verskriklike nagmerrie gehad…  Ek onthou hoe ek “wakker” geword het, en by my kamer se deur ‘n slang gesien het…  Ek’t toe weer my oë toegemaak, en toe ek weer “wakker” word het ek hom sien inseil by my kamer…  Weereens het ek my oë toegemaak, net om weer wakker te word en te sien hoe hy opgeklim het teen my bed en hoe hy vir my kyk en sy tongetjie sis…  Ek onthou hoe ek gegil het, hoe my ma en pa in my kamer ingehardloop het, my opgetel het en verseker het daar is niks in my kamer nie – dit was NET ‘n nagmerrie…  Ek kon hom egter steeds sien – alhoewel ek later my sonbril opgehad het teen die skerp lig…  Die uiteinde was dat my ma hulle my, by hulle laat inklim het, en toe ek veilig tussen hulle twee gelê het – kon ek droomloos verder slaap…  Die versekering wat ek gehad het, was dat hulle na my sou kyk – en sou sorg dat GEEN SLANG of enige iets wat my sou kon seermaak by my sou uitkom nie…

Hoekom vertel ek jou hierdie??  Omdat ons, as God se kinders partykeer vergeet dat Hy ALTYD vir ons daar is…  Nie net wanneer dinge sleg gaan nie – maar ook in die goeie tye…  Ons kan enige tyd van die dag of nag met Hom praat…  Ons kan bid, of tot Hom roep wanneer die nag ons dalk bang maak…  Om met Hom te praat, en om Sy hand te vat, is soos om jou bedlampie aan te sit wanneer dit stik-nag-donker is…  Daar sal ONMIDDELLIK lig wees! En Hy IS 24/7 met jou…  Hy sal jou nooit verlaat nie – jou NOOIT in die steek laat nie…  Miskien voel dit vir jou of die donker jou oorval het, nog voordat die jaar behoorlik begin het…  Miskien is Januarie BAIE lank, vanweë die feit dat jy al begin Desember salaris gekry het…  Miskien kan jy nie sien HOE jy Januarie gaan deurmaak nie…  Miskien het siekte by jou voordeur ingeloop, voordat jy nog kon dink oor jou drome of ideale vir 2014…  Miskien het jy geliefdes verloor oor die feestyd, en voel jy ‘n tasbare GAT in jou lewe – en weet jy nie hoe jy 2014 sonder hulle sal kan ingaan nie…  God se deur is ALTYD oop vir jou…  Hy is net ‘n gebed ver…  Hy sal jou dag en nag behoed en bewaar…  Hy sal jou dra wanneer jy nie verder kan stap nie, en Hy sal aan jou die krag gee om in ENIGE situasie staande te bly – wanneer jou geloof geanker is in Hom…  God het jou ONEINDIG baie lief!  WEET dit, LEEF dit, en GLO dit elke oomblik van 2014 :)

Blessings!  

Anel**


No comments: