Monday 13 January 2014

“It is never too late or too soon… It is when it is supposed to be…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“It is never too late or too soon…  It is when it is supposed to be…” ~ Mitch Albom

WEES LIG!

Jesaja 60:1-5

“Staan op en kyk…  Daar’s lig op die horison…  Kyk die dag breek…  Die nag is verby! Die lig is anders want God is teenwoordig…  Kyk weer…  God se lig skyn oor die wêreld…  Hy gee ons die lig wat ander nasies na ons toe trek…  Hy sluit met ons ‘n verbond: Sy lig bring vir ons oorvloed…”

Philippians 2:14-15

“Do all things without grumbling or questioning, that you may be blameless and innocent, children of God without blemish in the midst of a crooked and twisted generation, among whom you shine as lights in the world…”

“For what it’s worth: it’s never too late or, in my case, too early to be whoever you want to be. There’s no time limit, stop whenever you want. You can change or stay the same, there are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it. I hope you make the best of it. And I hope you see things that startle you. I hope you feel things you never felt before. I hope you meet people with a different point of view. I hope you live a life you’re proud of. If you find that you’re not, I hope you have the courage to start all over again.” ― Eric Roth

‘n Nuwe jaar is soos ‘n nuwe hoofstuk, of ‘n nuwe boek wat begin word…  Daar is soveel opwinding, onsekerheid, maar die meeste van alles - HOOP…  Hoop dat die jaar ‘n beter een as die vorige een sal wees…  Hoop dat deure van geleentheid in jou lewe sal oopgaan – dat God se seën volkome oor jou lewe uitgestort sal word…  Hoop dat liefde die basis van jou jaar sal vorm…  In die fliek “New Years Eve” maak die een ou ‘n toespraak by ‘n nuwejaars partytjie…  In dit vertel hy die mense van die dinamiese man wat sy pa was…  Sy pa sou altyd vra – “What would you do if you knew you could not fail?” As jy dit identifiseer het, sou sy antwoord op die vraag dan altyd wees – “Now go out and do it…”

Dit is wat ek vandag vir jou ook wil sê…  Maak 2014 ‘n jaar van “NO REGRETS”…  Moenie toelaat dat mense negatiewe gedagtes oor jou lewe spreek nie…  Jy is tot ENIGE iets in staat deur God wat jou die krag gee…  Hy sal deure vir jou oopmaak wat geen mens kan toemaak nie…  Jy moet net die MOED hê om jou drome, ideale en hoop na te jaag…  As jy nog nie ‘n “bucket list” (dinge wat jy wil doen / bereik in 2014) het nie – maak sommer nou ene…  Ek bêre altyd myne en gaan dan weer deur dit aan die einde van die jaar…  Dis ongelooflik hoe mens vergeet wat jy neerskryf, maar dat jy sommige van die dinge dan tog doen J  Miskien het 2013 nie uitgedraai soos jy gehoop het nie…  Miskien is daar dinge waarvoor jy gebid het, waarvoor die deurbrake net nie kom nie…  Wees verseker vandag – God is ALTYD betyds…  Hy SAL sorg vir uitkoms…  Hy sal oplossings bring vir die probleme wat jy face, en Hy sal dinge ten goede laat meewerk – vir JOU wat volgens Sy besluit geroep is (Romeine 8:28)… Moenie toelaat dat jou gedagtes jou beperk om die lewe te kan leef wat God vir jou bestem het nie…  Soos die aanhaling van Eric Roth hierbo sê – “It is never too early or late to be what you want to be…”  Wat hou jou terug?  Waarvoor is jy bang?  2014 is die jaar van “NO REGRETS” en LIG WEES vir die donker wêreld waarin ons leef…  Ek wil afsluit deur jou te herinner aan die aanhaling van Mark Twain – "Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn't do than by the ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sails. Explore. Dream. Discover."  Moenie kanse onbenut by jou laat verbygaan in hierdie jaar nie…  Waag meer…  Laat liefde wen – deur ‘n lewe van liefde te leef…  Wees vriendelik, en wees ‘n vriend op wie ander kan staatmaak…  Laat toe dat God jou gebruik vir Sy Koningkryk…  Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien…  God het GROOT planne vir jou vir 2014!  Vat Sy hand en moenie vir ‘n oomblik bang wees nie – wees reg vir AVONTUUR J

Blessings!


Anelli**

No comments: