Friday 24 January 2014

gebedsversoeke...

Hi julle,

Hier is weer 2 gebedsversoeke vanoggend:

Ekt nou al 'n paar eposse ontvang van mense wat name wil he in plaas van "anoniem" om voor te bid.  Die rede dat ek hierdie gebedsversoeke anoniem plaas, is sodat elke persoon wat hierdie epos ontvang, met vrymoedigheid vir my 'n gebedsversoek sal deurstuur.  Soos ek aan iemand verduidelik het, is daar baie mense se vriende wat hierdie ontvang, en dus wil ek nie he hulle moet blootgestel voel deur 'n gebedsversoek deur te stuur nie.  God ken ELKEEN van ons, op ons naam...  Hy ken elkeen se situasie, so wanneer jy iemand opdra (al is dit anoniem), SAL Hy weet van wie jy praat...  Bid asb saam... 

Mag God elkeen van julle spesiale persone seen!  Geniet jul naweek!

blessings!

anelxx

Anonieme persoon vra:  Asb, groot asseblief, bid vir Marco Pietrowski, ‘n jong man nog in sy twintigerjare. Hy was betrokke in ‘n baie groot motor ongeluk in November 2014.  Bid asseblief vir krag en genade en dat hy weer sal loop!

Anoniem:  Ek bid nou al ‘n jaar vir ‘n wonderwerk van ons Vader. Ek smeek Hom dat Hy Sy perfekte wil vir my lewe sal openbaar. Ek kry baie swaar in my huidige omstandighede, en ek glo ‘n wonderwerk kan dit verander. Bid asb dat my geloof sterk genoeg sal wees en dat ek Sal aanhou glo dat Hy my nooit sal verlaat nie.

No comments: