Sunday 26 January 2014

“Life is a blank canvas, and you need to throw all the paint on it you can.”― Danny Kaye

Haloes! J

“Life is a blank canvas, and you need to throw all the paint on it you can.”― Danny Kaye

Romans 15:13

“May the God of hope fill you with all joy and peace in believing, so that by the power of the Holy Spirit you may abound in hope…”

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the Lord your God who goes with you. He will not leave you or forsake you...”

“If you live each day as it was your last, someday you'll most certainly be right” ― Steve Jobs

“Life is like a novel. It's filled with suspense. You have no idea what is going to happen until you turn the page.” ― Sidney Sheldon

Daar is vir my niks lekkerder as ‘n lekker dik speurverhaal aan die begin van ‘n vakansie nie! Dit help jou om te ontsnap van realiteit, en sommer net lekker te ontspan…  Gewoonlik boei speurverhale my SO, dat ek nie die boek kan neersit, tot ek agter die kap van die byl kom nie…  Die lewe is net soos ‘n speurverhaal…  Gevul met onsekerheid…  ‘n Goeie skrywer hou jou gewoonlik aan die raai tot op die laaste oomblik J  Die beste is wanneer daar ‘n “curveball” kom en die storie HEELTEMAL anders eindig as wat jy sou kon dink!  Soos wat Sidney Sheldon sê – jy gaan eers weet wat gaan gebeur, wanneer jy die bladsy omblaai – of (in die regte lewe) wanneer die tyd aanbreek…

Die lewe is gevul met onsekerheid…  Maar iets waaroor ons kan seker wees – is dat God ALTYD daar is…  Dat God jou NOOIT sal verlaat nie, en jou NOOIT in die steek sal laat nie…  In die donkerste nag, of die langste dag – God is ELKE oomblik langs jou!  En God is die AWESOMSTE skrywer ooit – aangesien ELKE persoon op hierdie aardbol ‘n ANDER storie het…  Nie een van ons se stories is dieselfde nie…  Net soos elkeen van ons uniek is, so is elkeen van ons se lewensstorie uniek.  So MOENIE jou lewe met ander mense vergelyk nie…  Elkeen van ons het ons eie “kaarte” ontvang, en dit hang van onsself af HOE ons met daardie kaarte gaan speel…  Miskien sit jy op die oomblik met kaarte in jou hand wat jy nie lekker weet WAT om mee te maak nie…  Of miskien het jy besluite gemaak voel dit vir jou asof alles, super deurmekaar is op die oomblik…  Miskien lê hierdie week soos ‘n berg voor jou vanweë dinge wat moet gebeur of resultate waarop jy wag…  Ek wil vandag net weer vir jou verseker – MOENIE bang wees nie – God is REEDS daar…  Hy sal jou hand vat, en saam met jou stap…  Moenie so bang wees vir dit wat kom, dat jy ophou leef nie…  Al waaroor ons seker kan wees, is die HIER EN NOU…  Maak die meeste van ELKE geleentheid wat oor jou pad kom!  Live with NO regrets J  Hierdie week lê soos ‘n wit canvas voor jou – wat jy op hom sit - hang van jou af :)

Blessings!

anel

No comments: