Sunday 12 January 2014

“The future starts today, not tomorrow.” ― Pope John Paul II

Haloes! J
                                 
“The future starts today, not tomorrow.” ― Pope John Paul II

Ek hoop ‘n ieder en elk van julle het ‘n heerlike en baie geseënde Feesseisoen gehad!  Ek het oor en oor hierdie vakansie die boodskap gekry dat ons LIG moet wees en leef…  Mense moet sommer hulle sonbrille wil aansit wanneer hulle na jou kyk, soos wat jy skyn vir die Koninkryk…  So my hooftema vir die jaar, al lyk dit rondom jou HOE donker – wil ek jou uitdaag om jou liggie te laat SKYN, dat jy God sal toelaat om deur jou GROOT wonderwerke in Sy naam te doen…  Die Here weet wat Hy vir jou beplan in 2014…  VERTROU HOM!  Ek het ‘n dagbeplanner as geskenk ontvang van my ma, en agterin die dagbeplanner was daar SO ‘n treffende boodskap vir nuwe jaar, dat ek dit graag met julle wil deel!  Dis DIE dat die gedagteki vandag met ‘n bietjie van ‘n “twist” aan jou gebring word J  Mag dit vir elkeen van julle ‘n bietjie motiveer vir die nuwe jaar wat voor jou lê…

‘n Jaar van vaste voornemens… ~ Dagboek uitgegee deur CUM

STAP 1: Verhouding

Bevestig opnuut jou verhouding met God…

“Leer my U weë, Here, sodat ek in U waarheid kan wandel…  Gee my onverdeelde trou om so U naam te kan dien…” ~ Psalm 86:11

“Teach me your way, Lord, that I may rely on your faithfulness; give me an undivided heart, that I may fear your name…” ~ Psalm 86:11

STAP 2: Verlede

Kyk terug op die jaar wat verby is en vra God om jou te wys waar jy deur swakheid en sonde verhoed is om geestelik te groei…

“Deursoek my, o God, en ken my hart, toets my en ken my onrustige gemoed…  Kyk of daar ‘n sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad… ~ Psalm 139:23-24

“Search me, God, and know my heart; test me and know my anxious thoughts. See if there is any offensive way in me, and lead me in the way everlasting…” ~ Psalm 139:23-24

STAP 3: Vergifnis

“Bely jou sondes en vra God om jou te vergewe…”

“As ons, ons sondes bely, God is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe  en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is…” ~ 1 Johannes 1:9

“If we confess our sins, he is faithful and just and will forgive us our sins and purify us from all unrighteousness…” ~ 1 John 1:9

STAP 4: Versterk

Vra God om jou te versterk en om vir jou ‘n nuwe visie te gee vir die jaar wat voorlê…

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here…  Ek beplan voorspoed vir julle, nie teenspoed nie…  Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê…” ~ Jeremia 29:11

“For I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future…” ~ Jeremiah 29:11

STAP 5: Vernuwe

Vra God om jou te help om jou lewe te sien, soos Hy dit sien…  Wy dan opnuut jou lewe aan Sy plan vir jou lewe…

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deur julle denkpatrone te vernuwe…  Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil hê julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed, aanneemlik en volmaak is…” ~ Romeine 12:2

“Do not conform to the pattern of this world, but be transformed by the renewing of your mind. Then you will be able to test and approve what God’s will is—his good, pleasing and perfect will…” ~ Romans 12:2

STAP 6: Voorneme

“Maak ‘n vaste voorneme om getrou te wees aan God se wil vir jou lewe…  Maak Sy naam GROOT, in alles wat Hy in gebed aan jou openbaar…”

“Ek jaag wenpaal toe, na die Hemelse Prys, wat God deur Christus Jesus aan my gee…” ~ Fillipense 3:14

“I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus…” ~ Philippians 3:14

STAP 7: Versekering

“Skryf alles neer wat God in gebed aan jou openbaar…  Kyk gereeld daarna en onthou dan dat dit is net deur Sy genade wat jy in Hom kan groei…”

“Kom ons gaan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God…  Hy sal aan ons Sy ontferming en genade bewys, sodat ons op die regte tyd gehelp sal word…” ~ Hebreërs 4:16

“Let us then approach God’s throne of grace with confidence, so that we may receive mercy and find grace to help us in our time of need…” ~ Hebrews 4:16

Mag jou dag SUPER geseend wees!

Blessings vir jou!


Anel*

No comments: