Thursday 16 January 2014

“The things you do for yourself are gone when you are gone, but the things you do for others remain as your legacy.” ― Kalu Ndukwe Kalu

Haloes! J

“The things you do for yourself are gone when you are gone, but the things you do for others remain as your legacy.” ― Kalu Ndukwe Kalu

Philippians 3:13-14

“Brothers, I do not consider that I have made it my own. But one thing I do: forgetting what lies behind and straining forward to what lies ahead, I press on toward the goal for the prize of the upward call of God in Christ Jesus…”

Isaiah 43:18-19

“Don't remember the prior things; don't ponder ancient history. Look! I'm doing a new thing; now it sprouts up; don't you recognize it? I'm making a way in the desert, paths in the wilderness…”

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.

“Time is too slow for those who wait, too swift for those who fear, too long for those who grieve, too short for those who rejoice, but for those who love, time is eternity.” ― Henry van Dyke

Ek’t die naweek ‘n fliek gesien op die televisie van Paul Walker (Fast and furious faam)…  Dit het my sommer laat dink aan sy familie, en hoe hulle moet voel as hulle hom steeds op die televisie sien, alhoewel hy reeds gesterwe het…  Dis asof daar darem ‘n “stukkie van hom oorgebly het” – iets waaraan sy familie en vriende kan vashou en waarna hulle kan kyk, wanneer hulle hom te veel mis…  ‘n Aanhaling van hom sê die volgende:  “I live by ‘Go big or go home…’  That is with everything…  It is like, either commit and go for it, or don’t do it at all…  I apply that to everything…”

Wat gaan jy agterlaat wanneer die einde van jou lewe aanbreek?  Wat gaan mense van jou onthou?  Iemand wat voluit geleef het?  Iemand wat liefde geleef het?  Ek het ‘n pragtige beeld gehoor deur Lindie van Eeden die naweek…  Ons moet voorkom om heeltyd in die “wegspringblokke” te wees in hierdie jaar…  Ons moet sorg dat ons aan die beweeg kom – sodat ons Jesus se hande en voete op hierdie aarde kan wees…  Al wat Jesus van ons vra is ‘n gewillige hart…  Hy sal self die werk doen – Hy wil jou net as instrument gebruik…  Kalu Ndukwe Kalu het die spyker op die kop geslaan…  Alles wat jy in jou lewe vir jouself doen, is WEG wanneer jy die dag jou laaste asem uitblaas…  Maar die dinge wat jy vir God en Sy Koningkryk doen – vir jou medemens – deur jou naasteliefde, is wat van jou gaan oorbly op aarde…  Dit gaan bepaal hoe mense van jou praat, wat hulle van jou gaan onthou…  Dit gaan ook ‘n bewys wees van hoe jy die kosbare tyd spandeer het wat God aan jou geskenk het…  Vergeet van alles wat in jou verlede verkeerd gegaan het…  Vergeet van ALLES wat jou weerhou het om ‘n verhouding met God te hê…  Vergeet van al die “wat asse”…  En leef in geloof…  Laat God toe om wonderwerke in en deur jou lewe te verrig…  Sodat jou lewensstorie ‘n inspirasie kan wees vir die mense wat jou pad kruis…  God kan en wil jou gebruik – NES jy is…  Jy is al gekies vir Sy Koningkryk nog voordat jy gebore is…  Jou naam is in Sy handpalms gegraveer…  Leef elke dag SO dat wanneer jy jou laaste asem moet uitblaas, die wêreld jou sal onthou as iemand wat ‘n verskil gemaak het…

Blessings!


Anel**

No comments: