Haloes! J
“Life isn't about waiting
for the storm to pass...It's about learning to dance in the rain.” ― Vivian
Greene
Psalm 138:8
“The Lord will fulfill his purpose for
me; your steadfast love, O Lord, endures forever. Do not forsake the work of
your hands…”
John 6:47-50
“Truly, truly, I say to you, whoever
believes has eternal life. I am the bread of life. Your fathers ate the manna
in the wilderness, and they died. This is the bread that comes down from
heaven, so that one may eat of it and not die…”
“I
believe in being strong when everything seems to be going wrong. I believe that
happy girls are the prettiest girls. I believe that tomorrow is another day,
and I believe in miracles” ― Audrey Hepburn
“You
never know what's around the corner. It could be everything. Or it could be
nothing. You keep putting one foot in front of the other, and then one day you
look back and you've climbed a mountain.” ― Tom Hiddleston
“Storms” is iets wat onlosmaaklik deel
is van die lewe… Letterlik, maar ook
figuurlik is dit iets wat elkeen van ons al ervaar het… As ek dink aan laas jaar se Winter in die Kaap
– dit was die verskriklikste reën wat ons in jare beleef het… Vergelegen Mediclinic moes selfs die een aand
ontruim word as gevolg van die feit dat die rivier sy walle oorstroom het… Fisiese, maar ook emosionele “storms” wat in
ons lewens instap, is iets wat jou kan platslaan binne sekondes, of iets wat
jou motiveer om op te staan en weer te probeer…
Hoe hanteer jy dit wanneer “storms” in
jou lewe losbars?? Hardloop jy weg? Gee jy op? OF kyk jy OP na Wie jou krag en
deursettingsvermoë gee en vat jy dit dag vir dag? Al hoe ons moeilike tye kan hanteer, is om
dit in “hanteerbare porsies” af te breek…
Deur elke dag te doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is… God gee aan ons genade, en krag in porsies
van 24uur… Sy genade en krag is ELKE
more nuut!! Ek weet mens wil baie keer weet dat dinge op die ou end ten goede
gaan meewerk en hoe donker en moeilik dit kan voel as mens nie daardie
versekering het nie… Maar omdat jy ‘n
kind van God is, KAN jy daardie versekering hê! Hy sal jou NOOIT verlaat nie,
en jou NOOIT in die steek laat nie! Soos
Hy die storm stilgemaak het toe Hy en Sy dissipels op die skuit was en hulle
vreesbevange geraak het, net so sal Hy jou help om deur te druk, vas te byt en
te “persevere”… God is met jou – elke
oomblik van elke dag… Vat dit dag vir
dag, tree vir tree… Soos Tom Hiddleston
sê – voor jy weer sien, het jy die berg wat voor jou was kafgedraf… If God brings you to it, He WILL get you
through it…
Blessings!
Anel**
No comments:
Post a Comment