Thursday 23 January 2014

Gebedsversoeke...

Hi julle almal,
 Sien asb die onderstaande gebedsversoeke en bid asb saam!  Ek weet dit lyk baie, maar neem asb ‘n oomblik en lees deur hierdie.  Kom ons bid vir ons boeties en sussies J
 Mag julle ‘n baie geseende daggie he!

"Be strong in the Lord, draw your strength from Him" Eph 6:10
blessings!
anel**

Anoniem:  Vir my broer, Hy  is  in die hospital opgeneem baie baie siek die kans dat Hy ook albei Sy bene gaan verloor is 99%Albei sy voete is so beskadig dat dit geen kans het op herstel nie maar by God is alles moontlik Hy aanvaar dit op die oomblik baie  moeilik alhoewel Hy al die jare Sy god dien en baie gelowige is Wat ookal gebeur Bid net asb vir Hom vir aanvaarding ,krag en sterkte en vrede asb Dankie vir mense soo julle.

ANONIEM:  Mens besef nie altyd die krag van gebed nie en ek voel op hierdie dag dat ek dit ook baie nodig het.  My seun is in Gr 12 en wil graag Meganiese Ingenieurswese gaan studeer volgende jaar.  Op hierdie stadium voel dit vir my asof dit ‘n onbereikbare droom gaan bly,  die finansies is maar knap, daarom wil ek tog vra vir gebede rondom die situasie sodat ons moontlik ‘n beurs sal kry vir hom of alternatiewelik dat hy êrens geholpe sal raak by ‘n maatskappy wat in diens opleiding aanbied en ook dat die Vader ons as ouers se visie sal verbreed rondom ons kind se toekoms.

Anoniem:  My man sal vanaf 1 Feb nie meer sy huidige werk hê nie, eerstens ‘n dankie vir die UITKOMS maar nou vra ons dat God Sy plan sal openbaar met die pad voorentoe om vir hom ‘n aanbod op sy pad te stuur so vinnig moontlik en meeste vir God om vir hom vrede in sy hart te gee oor die toekoms, met die wete dit is in Sy hande.  Nie ons s’n nie, en vir ons om te “let go”

Anoniem: My vriendin se situasie met haar ouers het nog niks verbeter nie en ek wil graag bid vir liefde om te oorheers van haar ouers se kant.  Dat hulle die waarheid kan sien soos dit is en besef wat hulle doen.

Anoniem: My kollega is gediagnoseer met kanker verlede week en sy & haar familie gaan deur ‘n baie moeilike tyd.  Sy’s ‘n kind van God, so ons bid vir aanvaarding en krag, vir God om ‘n wonderwerk te laat geskied omdat net Hy kan so iets genees – laat dit tot Sy verheerliking kan wees!  Maar ook vir vrede oor Sy antwoord hierop.

Anoniem:  My ma & pa, daar is by hulle ingebreek en my ma hanteer dit goed onder omstandighede maar kry “dips” waar sy sukkel om al die emosies te verwerk wat saam met dit gaan – angs, bekommernis, dankbaarheid (gelukkig ook) en vrees & verwyt.  Ek vra vir gebede vir totale verlossing van die negatiewe gedagtes en vir my pa om sterk te staan vir haar al is dit vir hom ‘n baie moeilike saak.

Anoniem: Soek sekretariele werk, bly in Gauteng
 
Dave:  daar vir my gebid sal word dat als goed sal verloop. Ek gaan vir `n skouer opperasie Dinsdag 28 Jan 2014

No comments: