Wednesday 23 September 2015

"True faith is choosing to trust, even when it doesn't make sense..." ~ Joel Osteen


Haloes! J
 
“True faith is choosing to trust, even when it doesn’t make sense…” ~ Joel Osteen
 
Psalm 23:4 
 
“Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for you are with me;  your rod and your staff,  they comfort me…”
 
Psalm 55:22 
 
“Cast your burden on the LORD, and he will sustain you; he will never permit the righteous to be moved…”
 
“Sometimes the smallest step in the right direction, ends up being the biggest step of your life…  Tip toe if you must, but take the step…” ~ Gemma Stone
 
“Never let the sadness of your past and the fear of your future destroy the happiness of your present…” ~ Unknown
 
Ek weet nie vandag WAT jou situasie is nie…  Wat jou laat lag, of wat jou bangmaak nie…  Ek weet nie of jy dalk soos talle ander mense in die strik van vrees getrap het, en maak nie saak HOE jy probeer, dat jy jouself net nie los kry uit daardie web nie…  Die goeie nuus vandag, is dat as jy nog asem haal, en wakker kon word om hierdie nuwe dag te beleef, kan jy leef in die sekerheid, dat God nog nie met jou klaar is nie…  Daar is ‘n spesifieke doel waarvoor Hy jou steeds wil gebruik…  Vrees is iets wat so ongemerk in mens se lewens kom vasstrapplek kry, en wat jou lewe somtyds begin regeer, wanneer mens vergeet waar jou krag en jou sterkte vandaan kom… 
 
Ek dink ons probeer baie keer om God se werk vir Hom te doen – of dit nou is oor kinders waarna gekyk moet word – wie se besluite ons vul met bekommernis, en vir wie ons net die beste dinge in die wêreld wil toebid…  Verhoudings, waar ons SO hard werk daaraan om die pap nie op die grond te laat val nie, sonder dat ons vir God die middelpunt van ons bestaan raak…  Ons vergeet van die Kruis, en dat Hy die dood reeds oorwin het – dat ons nie alleen is nie, en dat Hy magtig is, deur Sy krag wat in ons werk, oneindig meer te kan doen as wat ons ooit sal kan hoop of dink…  AL wat ons hoef te doen, wanneer dit voel of die vrees ons versmoor, is om dit in God se hande te sit…  Hy sal SORG vir jou kinders, vir jou welstand, vir jou uitdagings…  Hou OP om SO hard te probeer om al die balle in die lug te hou – en gee dit net vir God…  BID en glo dat Hy jou die oorwinning tot in jou slaap sal kan gee!  Hy weet wat Hy vir jou beplan – en al lyk dit vir jou op die stadium soos teenspoed, belowe ek vir jou, dat Hy vir jou NET goeie dinge wil hê…  Gaan maak sommer NOU ‘n lysie van dinge wat jou vul met vrees – gaan op jou knieë en sit dit by die voete van die Kruis neer…  God sal sorg daarvoor… Hy is baie meer qualified as wat ek of jy ooit sal wees…  En die HEEL beste om te weet – is dat Hy nooit sluimer of slaap nie…  Hy is REEDS daar…
 
Blessings!
 
Anel xx
 
PS - Volgende gedagteki vir die daggie, sal Maandag 28 September weer verskyn

No comments: