Sunday 6 September 2015

“Dan dink ek aan al die aande wat ek bang was en aan die oggende wat ek vir myself gelag het, omdat ek bang was...” ~ PJ Schoeman


Haloes! :)
 
“Dan dink ek aan al die aande wat ek bang was en aan die oggende wat ek vir myself gelag het, omdat ek bang was...” ~ PJ Schoeman
 
Isaiah 41::10,13
 
“You are my witnesses,” declares the Lord, “and my servant whom I have chosen, so that you may know and believe me and understand that I am he. Before me no god was formed, nor will there be one after me.  I, even I, am the Lord, and apart from me there is no savior. I have revealed and saved and proclaimed - I, and not some foreign god among you.  You are my witnesses,” declares the Lord, “that I am God.  Yes, and from ancient days I am he.  No one can deliver out of my hand. When I act, who can reverse it?”
 
Ephesians 3:20
 
“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”
 
“Here, gee my die krag om te doen wat U van my vra; vra dan van my, net wat U wil...” ~ Augustinus
 
“As mens stilweg die besluit geneem het dat daar niks is wat hulle nie – in God se krag – kan verduur nie, verlaat die vrees hulle...” ~ Grove Patterson
 
Vrees is ‘n besluit... Grove Patterson se aanhaling is vir my pragtig... ‘n Mens se brein en gedagtes is ‘n baie magtige wapen... Jy kan jouself soveel dinge wysmaak, en soveel spoke opjaag, sonder dat dit eens ‘n moontlikheid is... Ons raak so vasgevang in dinge wat ons vir onsself oorkompliseer, dat ons partykeer nie meer die “regte” prentjie raaksien nie... Ons sien wat ons wil sien, en vrees verblind ons nog verder, wat die “prentjie” nog meer verwronge maak...
 
As ons weet – ons het vir God as ons hulp, ons beskermer, ons Pa, ons 24/7 bewaarder en ons weet – ek gee my beste, in elke situasie of uitdaging waarmee ek gekonfronteer word of ek stel vir God in beheer, sodat Sy wil kan geskied, hoekom wil ons dan vrees? Deur God wat vir ons krag gee, kan ons ENIGE iets wat ons kant toe kom hanteer... Ons moet ‘n wilsbesluit neem, om vrees uit ons kop te sit... Wanneer benoudheid jou wil oorval, wil ek jou uitdaag om diep in en uit te asem, en vir vrees te sê: “Weet jy hoe groot my God is? Hy sal jou platvee sonder om eens ‘n vinger te lig...” Al hoe ons vrees kan hanteer, is om in die eerste plek te besluit dat dit ons nie sal onderkry nie, en in die tweede plek te bid, dat God die vrees sal wegneem... Dat ons sal onthou, maak nie saak HOE onmoontlik iets lyk nie, in God se woord, lê waarheid... En Efesiërs 3:20-21 en Jesaja 41:10,13 is God se beloftes aan ons (om maar net 2 plekke te noem)...
 
Hy is daar en Hy kan dinge wat vir ons as mense onmoontlik is, moontlik maak... Hy kan siekes genees, Hy kan sitausies verander... Ons moet net bereid wees om Hom te bly vertrou, al bly dit dalk bietjie langer donker in jou lewe as wat jy gehoop het... God kom ALTYD terug na Sy beloftes toe... Ons hoef nooit aan sy liefde vir ons te vrees nie... Ook nie aan Sy getrouheid nie...
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: