Sunday 20 September 2015

“The difference between stumbling blocks and stepping stones is how you use them.”– Unknown

Haloes! J

“The difference between stumbling blocks and stepping stones is how you use them.”– Unknown

Deuteronomy 31:8

“It is the LORD who goes before you. He will be with you; he will not leave you or forsake you. Do not fear or be dismayed.”

Psalm 9:9

The LORD is a stronghold for the oppressed, a stronghold in times of trouble. And those who know your name put their trust in you, for you, O LORD, have not forsaken those who seek you…”

“The greatest glory in living lies not in never failing, but in rising every time we fail.”– Nelson Mandela

“I ask not for a lighter burden, but for broader shoulders.” – Jewish Proverb

Ek weet dat die naweek se rugby die LAASTE ding is waaroor mens wil dink of praat, maar ek’t ‘n boodskap daaruit gekry wat ek regtig graag met julle wil deel…  Die wedstryd het my laat dink aan Dawid en Goliat in die Bybel…  Die Japanese was verseker die “underdog”…  Daar was ABSOLUUT – GEEN kans dat hulle die wedstryd moes of kon wen (wanneer mens na die geskiedenis gekyk het, of die statistieke in oenskou geneem het nie)…  Suid-Afrika is ‘n land wat rugby speel – soos ons braaivleis eet – dis ‘n lewensstyl…  In Japan – is dit nie ‘n lewensstyl nie…  Dis ‘n groep jong ouens, met HART wat ‘n sport aangeleer het wat hulle liefgekry het…  Ek dink as ek in die Japanese span was, sou ek dalk al die wedstryd verloor het voor ek op die veld geloop het…  Die Bokke is soveel meer ervare, sterker en groter as wat hulle was…  En tog, het daardie Japanese hulle nie gesteur aan die geskiedenis, of “wat die mense sê” nie…  Hulle het daar uitgegaan, “and they gave it all they got…”  Hulle het met ‘n hart gespeel wat nie opgee geken het nie…  Met ‘n trots – om hulle land te verteenwoordig, en hulle het geglo – dat maak nie saak wat almal glo nie – hulle het NET so ‘n goeie kans soos die Bokke om die westryd te wen…

Dawid – is iemand wat met HART uitgegaan het, die dag toe hy vir Goliat aangevat het…  Hy het geweet dat hy dalk nie die fisiese grootte en sterkte het om vir Goliat te oorwin nie, maar dat Hy vir God aan Sy kant gehad het…  Dat God hom sou voorsien van die krag / strategie wat hy sou nodig he, om vir Goliat te oorwin…  En God het aan hom daardie oorwinning gegee – omdat hy sy hoop en vertroue in sy God geplaas het…  Al lyk iets vir jou HOE onmoontlik – die naweek se rugby, en die storie van Dawid en Goliat, asook getuienisse van ander mede-gelowiges, oor die ongelooflike God wat ons dien – moet vir jou genoeg inspirasie wees dat die ONMOONTLIKE, ‘n moontlikheid kan raak…  Miskien het ‘n dokter vir jou die nuus gegee oor hoeveel tyd hy dink jy moontlik oor het om te leef, of miskien sit jy tans met ‘n gebrokenheid in jou – wat jy nie lekker weet hoe om dit te verwerk nie…  Miskien staan jy voor groot besluite, en maak dit jou banger om nie te weet watter kant toe nie, dat jy op die ou end geen besluit maak nie…  Gee ALLES in God se hande…  Gaan op jou knieë en kry ander mede-gelowiges om saam met jou te bid!  God is ALTYD by jou…  Hy sal jou nooit verlaat, en jou nooit in die steek laat nie…  HY is reeds in vandag SAAM met jou…  Vertrou Hom – en weet dat SAAM met God, geskiedenis gemaak kan word – waaroor die mense nog vir BAIE lank sal kan praat…

Blessings!

Anel xx

No comments: