Monday 14 September 2015

"Through perseverance many people win success out of what seemed destined to be certain failure..." - Benjamin Disraeli

Haloes! :)
 
"Through perseverance many people win success out of what seemed destined to be certain failure..." - Benjamin Disraeli
 
Colossians 3:23
 
"Whatever you do, work at it with all your heart as working for the Lord, not for men..."
 
Psalm 127:1
 
"Unless the Lord builds the house, its builders labor in vain... Unless the Lord watches over the city, the watchmen stand guard in vain..."
 
"Courage doesn't always roar, sometimes it is the quiet voice at the end of the day whispering, "i will try again tomorrow"..." - Mary Anne Radmacher
 
"A river cuts through a rock not because of its power, but because of its persistence..." - Jim Watkins
 
Ek weet nie of jy op die oomblik die golf van sukses ry, en of jy dalk van die sukses-golf afgegooi is nie...  Ek bedoel dit ten opsigte van ELKE aspek van jou lewe...  Werk, swot, liefde, gesin, siekte, geluk, mislukkings...  Elke dag is 'n nuwe geleentheid om iets omtrent jouself, en iets omtrent die lewe te leer...  Mislukkings stel ons in staat om juis dit te kan doen!!  God ken jou unieke situasie...  Hy sal nie dinge oor jou pad stuur, wat jy nie met Sy krag sal kan hanteer nie...
 
Ons leer die meeste in moeilike tye...  Dis ook die tye waarin ons, ons eie uithouvermoë leerken...  Die tye van mislukkings of moeilike tye, is ook die tye waarin ons die naaste aan God is - ek dink 'n mens bid meer as jy bekommerd of bang is...  Mislukking of moeilikheid, leer ons wysheid...  Dit leer ons dat ons tot niks in ons lewe in staat is, sonder dat God ons die krag daarvoor gee nie (Fillipense 4:13)...  Ek het 'n baie oulike aanhaling raakgelees wat 'n mens somtyds vergeet - "Dit is waar dat 'n mens die lewe net deur terugskoue kan verstaan...  Maar dan vergeet ons ook 'n ander beginsel wat ook waar is: die lewe kan net vorentoe geleef word" - Sören Kierkegaard...    Moenie deur mislukkings ontmoedig word nie...  Klim terug op die branderplank, terwyl jy op jou knieë (biddend) bly, sodat God van jou 'n wêreldklas "surfer" kan maak...  Moenie teen die brander probeer uitswem nie - dit wil sê, VERGEET van dit wat agter jou lê...  Ry die golf (go with the flow), sodat jy VORENTOE beweeg, en LEWE elke oomblik wat jou geskenk is...  Weet dat die branders wat jy moet "face", nie so groot sal wees, dat jy dit nie deur God se liefde, genade en bystand sal kan hanteer nie...  Jou Pa is in beheer...
 
blessings!
 
anel xx

No comments: