Tuesday 15 September 2015

"Fear kills more dreams than failure ever will..." - TobeyMac

Haloes! :)
 
"Fear kills more dreams than failure ever will..." - TobeyMac
 
Daniel 6:16-21
 
"So the king gave the order, and they brought Daniel and threw him into the lions’ den. The king said to Daniel, “May your God, whom you serve continually, rescue you!”   A stone was brought and placed over the mouth of the den, and the king sealed it with his own signet ring and with the rings of his nobles, so that Daniel’s situation might not be changed.  Then the king returned to his palace and spent the night without eating and without any entertainment being brought to him. And he could not sleep. At the first light of dawn, the king got up and hurried to the lions’ den.  When he came near the den, he called to Daniel in an anguished voice, “Daniel, servant of the living God, has your God, whom you serve continually, been able to rescue you from the lions?”  Daniel answered, “May the king live forever!  My God sent his angel, and he shut the mouths of the lions. They have not hurt me, because I was found innocent in his sight. Nor have I ever done any wrong before you, Your Majesty.”
 
"When you get into a tight place, and everything seems to be going against you till it seems that you could not hold on a minute longer, never give up then, for that is just the place and time that the tide will turn..." - Harriet Beecher Stowe
 
"A failure is not always a mistake... It may simply be the best one can do under the circumstances... The real mistake is to stop trying..." - B.F Skinner
 
Vrees is iets wat baie mense op die kantlyn laat sit, eerder as om deel te neem aan die sport / spel...  Wat is enige sportspan se sukses?  Dat die span saam met mekaar speel, dat hulle respek het vir hul afrigter en dat hulle hard oefen...  Ons as Christene speel in God se span...  Elkeen van ons, met ons unieke gawes, het 'n rol om te vervul in die Koninkryk - want as jy nie jou spesifieke rol vervul nie, is dit soos 'n mens se liggaam wat sal sukkel om te werk as hy skielik nie 'n arm of 'n been het nie...  Ek het 'n storie gehoor van 'n seuntjie wat aan sy ma gevra het - "maak God mense?"  Sy ma het toe geantwoord - "Ja, God maak alle mense..."  Hy het toe voortgegaan om haar te vra - maar as God alle mense maak, hoekom het Hy my gebreklik gemaak?  Sy ma het hom toe geantwoord - soos jy jou mannetjies teken - vet / stok mannetjie / met bril / met bak ore - soos jy dan daardie besluit maak om elkeen uniek te teken, so besluit God om elkeen uniek te maak.  Dit mag dalk nie altyd wees, soos wat ons dit wil hê nie, maar God werk met 'n plan, en Hy kan ENIGE gebrek gebruik vir die Koninkryk... 
 
Mens is so baie keer hard op jouself, deur aan jouself te vertel dat jy nie goed genoeg / slim genoeg / ryk genoeg/ mooi genoeg / gesond genoeg is nie...  Vir God is jy goed NES jy is...  Hy het jou lief met ALLES wat in Hom is...  Al voel jy vir jouself soos 'n halwe mens...  Daar is steeds vir jou 'n doel in die Koninkryk...  God glo in jou - Hy is ons afrigter in die spel van die "lewe"...  Ons oefen, deur elke dag daaraan te werk om ons gawes te gebruik tot Sy eer / om te bid en 'n verhouding met God te bou...  Mens kan jou hele lewe lank deur vrees lamgelê word, en maar op die kantlyn sit, omdat jy nie goed genoeg voel om in 'n span te wees nie.  Vandag wil ek net vir jou sê - God het jou al gekies vir Sy span, nog voor jy gebore is...  En jou gebreke (fisies / emosioneel /  of iets wat net in jou kop sit = dalk deur mense se negatiewe woorde oor jou lewe) is iets wat God in ag geneem het - en Hy is JUIS opsoek na jou - NES jy is...  "DARE" dit om vir God te lewe - voluit, sonder vrese, en NES jy is...  Want al is jy / jou lewe, nie wat jy altyd wil hê nie, is jy PRESIES wat God wil hê!  Onthou dit! :)
 
blessings!
anelxx

No comments: