Wednesday 12 August 2015

"There comes a day when you realize turning the page is the best feeling in the world, because you realize there's so much more to the book than the page you were stuck on..." - Unknown

Haloes! :)

"There comes a day when you realize turning the page is the best feeling in the world, because you realize there's so much more to the book than the page you were stuck on..." - Unknown

Ephesians 3:16-17

"I pray that out of his glorious riches he may strengthen you with power through his Spirit in your inner being, so that Christ may dwell in your hearts through faith. And I pray that you, being rooted and established in love..."
 

Mark 11:24

"Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours..."

"A smooth sea never made a skilled sailor..." - English Proverb

"God sees every ounce of anguish in your life... He has counted every measure of pain and seen every wound the enemy imbedded, witness every source of torment... But I have good news! He has promised that each time you need relief He will be there for you to our out his anointing on your life..." - Pastor Matthew Haggee
'n Nuwe boek is vir my een van die lekkerste dinge wat bestaan! Om daardie kraakvars blaaie vir die eerste keer te kan omblaai - en weggevoer te raak deur vir 'n rukkie karakters te leerken en plekke te verken waar jy nog nooit was nie... 'N goeie skrywer sal dit regkry om jou so te "boei" met sy boek, dat jy dit nie vir 'n oomblik sal kan neersit nie! Net vanwee die feit dat jy graag sal wil weet wat volgende gebeur en hoe dinge op die ou ende sal uitdraai...

As jy vandag aan jou lewe as 'n boek moet dink - wat sien jy? 'n "Best-seller"? Of is dit een van daardie boeke wat half weggesteek in die boekrak is? Een wat nie eens regtig raakgesien word nie? Skryf jy daagliks aan jou lewensstorie, of word die boek net sommige dae benut? Is jy besig om vorentoe te beweeg met jou lewe, of is jy so besig om te lees aan dit wat reeds gebeur het, of dalk sit jy vas by 'n sekere kruispad en maak nie saak hoe jy probeer nie, jy kan nie vorentoe beweeg nie? Waar jy ookal vandag jouself bevind - God is net 'n gebed van jou af... Hy is die skaduwee aan jou regterhand - en Hy WIL vir elkeen van ons 'n absolute best-seller he!! Hy wil he dat ons lewens so vol moet wees dat daar nie 'n krieseltjie plek op 'n bladsy sal wees nie! En Hy wil he dat ons moet vorentoe beweeg en nie sal aanhou leef in ons verlede nie, maar dat ons verlede dit sal wees waarop ons bou vir ons toekoms... Elke liewe dag is 'n geleentheid om oor te begin - ons kan elke more kies om vir God die pen van ons lewens te laat vashou... Enige goeie storie, het 'n paar twists en turns en is nie altyd "plain sailing" nie...  Weet nie met wat jy tans gekonfronteer is nie, maar weet dat God al in beheer is vanaf jou geboortedag...  Bid en gee watookal jy mee sukkel oor in Sy hande... Hy gee Sy beste, vir die wat Hom toelaat om 'n se in hul lewens te he...

Blessings!

Anel xx

No comments: