Sunday 30 August 2015

“Sometimes God calms the storm… Sometimes He lets the storm rage and calms His child…” ~ Unknown

Haloes! :)

“Sometimes God calms the storm…  Sometimes He lets the storm rage and calms His child…”  ~ Unknown

Psalm 37:5

“Commit everything you do to the Lord…  Trust Him to help you, and He will…”

Psalm 121:8

“The Lord will watch over your coming and going, both now and forever more…”

“Live as if you were to die tomorrow. Learn as if you were to live forever.” ― Mohandas Karamchand Gandhi

“Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts.” ― Winston Churchill

Een van die ergste nagmerries wat ek dink baie van ons al gehad het, is dat jy eksamen moet gaan skryf, maar NIKS weet nie…  Jy’t of glad nie geswot nie, of die verkeerde werk, of jy droom heelnag hoe jy probeer om by die eksamen uit te kom, maar dat daar heeltyd dinge is wat jou weerhou om by die eksamen lokaal uit te kom… J  Ek was baie nagte baie verlig om te kon wakker word en te besef dat dit net ‘n slegte droom was J  Die lewe is VOL van toetse en “eksamens”…  Of dit ‘n fisiese eksamen is wat jy moet skryf, of die uitdagings van die lewe wat jy moet trotseer, in beide gevalle is daar een iets wat dieselfde bly…  God sal jou nie ‘n oomblik alleen laat nie…  Hy sal saam met jou stap, met elke liewe tree wat jy moet gee…  Hy sal self jou pen vashou terwyl jy moet skryf…  Hy sal aan jou die woorde gee wat jy nodig het om te spreek, wanneer jy dit nodig het…  Hy sal aan jou insig gee, helderheid van verstand om op jou voete te kan dink en om uiteindelik as die oorwinnaar weg te stap!!

Die duiwel probeer egter baie keer om in ‘n mens se kop te kom sit, wanneer jy besig is om uitdagings te trotseer, en eksamens te skryf…  Hy sal met so ‘n stemmetjie kom van – “jy is nie goed genoeg voorbereid nie…  jy is nie goed genoeg om hierdie te kan doen nie…  Jy het dit nie in jou om hierdie gemors van ‘n lewe uit te sorteer nie…  Ek dink dis beter as jy net ophou, en vergeet van jou drome en ideale…  Jy gaan in elk geval dit nie end uit sien nie…”  Klink hierdie vrese en vertwyfelings bekend?!  Jaag daai simpel duiwel sommer nou, deur Fillipense 4:13 oor jou lewe te spreek!  “Ek is tot ALLES in staat deur Hom wat my die krag gee!!”  Jesus is groter as my uitdaging, of my eksamen wat ek moet skryf…  Omdat ons vir Jesus het kan ons volhard – selfs in tye wanneer die moeilik is!  Ons moet aanhou veg tot die einde toe…  Elke minuut wat ons nog het, is ‘n minuut om te veg vir dit waarin ons glo, vir dit wat ons wil bereik, en vir dit wat ons liefhet…  ‘n Stukkie wat my altyd inspireer is Romans 5:3-5:  “Not only so, but we also glory in our sufferings, because we know that suffering produces perseverance;  perseverance, character; and character, hope.  And hope does not put us to shame, because God’s love has been poured out into our hearts through the Holy Spirit, who has been given to us…”  Jesus is saam met jou vandag…  Wanneer die duiwel jou weer wil onderkry met sy simpel sê goed – onthou dat Jesus hom reeds oorwin het deur Sy liefde vir ons aan ‘n Kruis te bewys…  “The same power that conquered the grave, lives in me…”  ~ Hillsong

Blessings!

Anel xx

No comments: