Thursday 6 August 2015

"Take risks: If you win, you'll be happy... If you lose, you will be wise..." - Unknown


Haloes! :)

"Take risks: If you win, you'll be happy... If you lose, you will be wise..." - Unknown

Romans 12:2
 
"Do not conform yourself to the standards of this world, but let God transform you inwardly by a complete change of mind... Then you will be able to know the will of God..."
 
1 Corinthians 10:13
 
"God keeps His promise and He will not allow you to be tested beyond your power to remain firm...  At the time you are put to the test, He will give you the strength to endure it and so provide you with a way out..."
 
"Don't allow your wounds to transfer you into someone you are not..." - Paulo Coelho
 
"Tough times never last, but tough people do..." - Robert H Schuller
 
Het jy al ooit 'n risiko aangegaan? Besluite geneem wat enige kant toe kon gaan? Ek dink die tyd wat ek in Amsterdam gaan werk het, was een van hierdie situasies...  Dit was SO 'n groot besluit - een waaroor ek nie aldag seker was nie...  Ek't egter van die begin af gebid dat God se wil moet geskied - dat Hy dinge sal laag uitwerk soos Hy wil en nie soos ek wil nie... Die onderhoud het oor my pad gekom en ekt besluit om die onderhoud te doen vir ondervinding...  Mens het mos niks om te verloor nie?! Onderhoud het goed gegaan en 2e onderhoud het gekom... Ek was lekker onseker want sou ek suskesvol wees, sou dit twee jaar van my lewe wees wat ek in 'n ander land sou moes gaan woon het... Nadat ek die aanbod vir die werk gekry het, het my toe, huidige baas, vir my 'n aanbod vir 'n langer kontrak gemaak... En aangesien ek BAIE gelukkig daar was, was dit 'n absolute spanner in die "works"...
 
Ek't lank gebid en elke moontlike kant toe geredeneer...  Maar kon net nie 'n duidelike antwoord kry nie...  Die aand voor ek my antwoord vir Amsterdam moes gee, het die Here net in my gemoed kom sit - "as jy eendag bevoorreg genoeg is om op 80 op die ouetehuis se stoep te kan sit, gaan jy dit 'regret' as jy nie hierdie geleentheid aangegryp het nie - deur net in jou comfortzone te bly leef? Of gaan jy vir jou kleinkinders die stories vertel van al jou ondervindinge van voluit leef en aangegrypte geleendhede?" Toe ek met hierdie vrae gekonfronteer was, was dit 'n absolute No-brainer!! God was in beheer en maak nie saak watter opsie ek gekies het nie - Hy sou my nie vir 'n oomblik alleen laat nie...  Noudat ek terugkyk weet ek dat God my absoluut gebless het omdat ek vir Hom 'n "se" in my besluit gegee het... Hy het my soveel ongelooflike mense van verskillende lande laat ontmoet - mense wat ek as vriende sal beskou tot die dag wat ek na my Hemelse Pa toe gaan, soveel van myself geleer en my geloof versterk - want jy leer op 'n totale nuwe manier om vir God te vertrou - al lyk dinge vir jou hoe power! Weet vandag - God het meer vir jou as wat jy ooit vir jouself sal wil he! En moenie vir 'n oomblik bang wees om buite jou comfortzone te beweeg nie - want God is reeds daar!!

Blessings!
 
Anel xx

No comments: