Monday 10 August 2015

"It takes the hammer of persistence to drive the nail of success..." - John Mason

Haloes! :)
 
"It takes the hammer of persistence to drive the nail of success..." - John Mason
 
 
James 1:6
 
"But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind..."
  
1 Peter 1:8-9

"Though you have not seen him, you love him; and even though you do not see him now, you believe in him and are filled with an inexpressible and glorious joy, for you are receiving the end result of your faith, the salvation of your souls..."

"Life is too short to worry about stupid things... Have fun... Fall in love... Regret nothing and don't let people bring you down..." - Unknown

"Sometimes we need to stop analyzing the past, stop planning the future, stop figuring out precisely how we feel, stop deciding exactly what we want and see what happens..." - Unknown

Aanhou en uithou... Om nooit op te gee maak nie saak WAT jou in die gesig staar nie... Argentinie was vir my die naweek die spreekwoordelike voorbeeld van aanhouer wen in die rugbywedstryd tussen die Springbokke en die Pumas... Ekt bietjie na die statistieke gaan kyk na die wedstryd en dit was as volg: Suid-Afrika het al 19 keer teen Argentinie gespeel sedert 1993, terwyl die Springbokke al 18 keer gewen het, en een keer gelykop gespeel het... Saterdag is daar geskiedenis gemaak in die Shark Tank toe Argentinie vir die eerste keer in 22 jaar dit reggekry het om vir die Springbokke te klop...

Indien Argentinie die wedstryd sou benader deur na die geskiedenis te kyk en na wat gewoonlik gebeur het - dink ek dat die kans dat hulle sou wen baie klein was...  Want jou uitkyk sou reeds een wees van wat iemand al verslaan is... Deur die wedstryd te benader, SONDER om die geskiedenis in ag te neem, en met 'n vars nuwe plan aan die slag te gaan, is wat die deurslag sal gee! Argentinie was honger vir 'n wen vandat hulle op die veld gedraf het en dit  het gewys in die passie waarmee hulle gespeel het! Ons lewens is dieselfde, wanneer ons reeds verslaan is in ons kop nog voor ons iets aanpak, is 'n verloor amper 'n sekerheid... Maar wanneer ons lewe met passie leef, met 'n houding dat die lewe sy beste moet gee, dat ons nie ondergekry sal word nie - is wanneer ons geskiedenis maak!! God wil he dat ek en jy moet passievol wees oor ons lewens, oor ons geleenthede en die lewe waarmee ons geseen is!! Elke liewe dag is die scoreboard 0-0 en het ons die geleentheid om HUGE stukkie geskiedenis te maak...  Moenie uitmis op alles wat God vir jou het omdat jy reeds die stryd in jou kop verloor het nie... Fight met alles wat in jou is - God is by jou met elke liewe tree wat jy gee...

Blessings!
 
Anel xx

No comments: