Haloes! :)
"As I look back on my life, I realize that everytime I thought I was being rejected from something good in my life, I was actually being re-directed to something better..." - Unknown
Ephesians 3:20
"God is able to do far more than we ever would ever dare to ask or imagine... Infinitely beyond our highest prayers, desires, thoughts or hopes..."
Isaiah 26:3
"You, Lord, give perfect peace to those who keep their purpose firm and put their trust in You..."
"Don't wait for the perfect moment... Take the moment and make it perfect..." - Zoey Sayward
"Life isn't about waiting for the storm to pass... It's about learning to dance in the rain..." - Unknown
Het jy al ooit iets probeer beplan of gereel, maar jy wou die "perfekte" oomblik skep? Iets wat almal sal onthou en vir ewig oor sou kon praat? Een van my gunstelIng voorbeelde hiervan is die "Friends" episode waar Chandler vir Monica wou vra om te trou... Vir die wat nog nie "Friends" gekyk het nie - 'n bietjie konteks... Chandler en Monica was al vir ewig beste vriende... Daardie tipe vriende by wie jy 3uur in die nag kon gaan klop as jy probleme ondervind, hulp nodig het, of sommer net wou gesels... Chandler is egter een van daardie tipe karakters wat bang is om te "commit"... En Monica een van daardie karakters wat haar lewe lank al droom oor haar troudag... Hy en Monica het mekaar "gevind" by haar broer se troue... En die vriendskap het toe in 'n verhouding ontwikkel...
Chandler het die aand wat hy Monica wou vra om te trou, met groot afwagting beplan... Hy het plek bespreek by Monica se gunsteling restaurant, haar gunsteling bottel sjampanje bestel, die perfekte ring uitgekies en sy speech 'n paar keer geoefen... Op die groot aand, kom daar toe een van Monica se vorige kerels by die restaurant aan en word Chandler se goed beplande aand totaal en al in die wiele gery... Hul vriende gee toe ook na die aandete Chandler se hele game weg - omdat almal haar vra om haar hand vir hulle te wys :) Om 'n lang storie kort te maak, Monica se eks kerel vertel haar toe nadat hy haar gesien het by die restaurant dat hy haar steeds liefhet en wil met haar trou, terwyl Chandler maak asof trou die heel laaste gedagte is wat hy het - om vir hom tyd te koop sodat hy vir Monica kon verras... Toe hy uiteindelik vir haar vra om te trou het hy sy toespraak as volg begin: "I thought it mattered what I said or where I said it..." Maar al wat eintlik saak gemaak het, was dat hulle mekaar liefgehad het en hul hele lewe saam met mekaar wou spandeer... Ons mors partykeer soveel tyd oordat ons opsoek is na die mees perfekte mense, perfekste omstandighede of oomblikke... Ek dink ons mis baie keer uit in die "hier en nou" omdat ons deur hierdie soeke na meer - kan uitmis op ALLES wat God nou reeds vir ons het!! Moenie wag vir daardie perfekte oomblik nie - elke oomblik het die potensiaal om 'n perfekte oomblik te wees - LEEF net!!
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment