Monday 31 August 2015

“I can be changed by what happens to me. But I refuse to be reduced by it.” ― Maya Angelou

Haloes! J
“I can be changed by what happens to me. But I refuse to be reduced by it.” ― Maya Angelou
 
John 14:1
 
“Do not let your hearts be troubled…  Trust in God; trust also in me…”
 
Isaiah 40:31
 
“But those who hope in the Lord will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”
 
Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, 'Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?' Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us; it's in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.” ― Marianne Williamson, Return to Love: Reflections on the Principles of "A Course in Miracles"
Hierdie is absoluut een van my gunsteling aanhalings wat bestaan!   Lig is daar om donkerte te verdryf…  Ons is daar om ons liggies DAAGLIKS te laat skyn in die donker wereld…  Soos Gandhi gesê het – We must be the change we wish to see in the world…  Ons kla so baie oor soveel dinge wat verkeerd is in hierdie wêreld…  Tog, dink ek nie ons doen altyd alles in ons vermoë om ‘n verskil te maak in ons onmiddellike omgewing nie…  Ons laat toe dat mense negatiewe uitsprake op ons lewens maak, wat ons dan daarvan weerhou om ‘n VOL GODVERVULDE LEWE TE LEI!  Jy is tot ENIGE IETS IN STAAT DEUR GOD WAT JOU KRAG GEE… (Fillipense 4:13)  Jy hoef vir NIEMAND terug te staan nie, want wanneer God deur jou werk, sal jou liggie so helder brand, dat nie eens ondeurdagte woorde van mense jou lewenslus sal kan uitblus nie!
 
Uitdagings en moeilike tye wat oor ‘n mens se pad kom, verander ons…  ‘n Ander woord vir die verandering wat plaasvind is dat God ons KARAKTER bou daardeur…  Ek sou nie vandag die mens wees wat ek is, as ek nie moeilike tye moes deurmaak nie…  Moeilike tye het my geleer dat God ALTYD by my is…  Dat niks vir God onmoontlik is nie, en dat ek baie sterker is as wat ek gedink het ek is!  Mens is altyd tot meer in staat as wat jy jouself wil krediet gee…  Al hoe jy uitvind tot hoeveel jy in staat is, is wanneer jy in die diepkant van die water ingegooi word, en moet swem met alles wat in jou is om terug te kom in die vlakker waters…  Mense met hulle negatiewe uitsprake oor jou lewe, is soos haaie wat in die diepwaters op jou afgeswem kom…  Jy kan begin spartel en aan hulle die oorwinning gee dat hulle woorde negatiewe impak op jou lewe maak, of jy kan jou oë vestig op Jesus en vertrou dat Hy die haai sal aflei met ander “aas” en hom ‘n ander rigting sal laat inslaan…  As Jesus vir Daniël lewend uit ‘n leeukuil kon haal, KAN Hy jou situasie verander!  ‘n Ou by ons kerk het getuienis gegee en sy woorde het so ‘n impak op my gemaak dat ek dit moet deel met jou!  Hulle moes ‘n sokker dag aanbied vir minderbevoorregte kinders, en al die “equipment” – sokkerballe; beacons, klere ens was net weg…  Hy sê dat hulle die hele huis omgekeer het, en dit net nie kon vind nie…  400 Kinders het egter op hulle sit en wag, en hulle het geweet dat hulle sal moet gaan, maar het nie geweet hoe hulle die sportdag sou aanbied sonder equipment nie…  hy sê toe, sy een vriend het na hom gedraai en gesê hulle moet bid voor hulle ry…  En hy sê – toe sy vriend dit sê – het hy besef hy het vir 'n oomblik van God vergeet…  Hy was so gefokus op die situasie en alles wat verkeerd is, dat hy nie vir God raakgesien het en besef het dat Hy daar is om hulle by te staan en te help nie…  Hy sê toe hulle terug in die huis ingaan, was al die equipment reg voor hulle neus in die leefarea…  Laat God toe om jou oogklappe af te haal – en jou met God se oë te laat kyk na die wêreld…  Dat jy sal besef dat jy God se hande en voete op hierdie aarde kan wees…  Dat jy dit DEUR God se krag wat in jou werk sal kan doen…  Jesus wil jou help om die mens te word wat Hy jou bestem het om te wees!!  Laat Hom toe – gee Hom plekkie in jou lewe deur in gebed tot Hom te nader, en voortdurend met Hom te gesels – selfs wanneer die omstandighede oorweldigend is!  Wanneer jy jou fokus op Hom plaas, eerder as die omstandighede, sal Hy deurbrake bring!

Blessings!

Anelxx

No comments: