Sunday 5 August 2012

“What you do defines who you are… If you do brave, you are brave…” ~ Oscar Pistorius

Haloes! J
“What you do defines who you are… If you do brave, you are brave…” ~ Oscar Pistorius
Psalm 34:19
“The righteous person may have many troubles, but the LORD delivers him from them all…”
Psalm 46:1-3
“God is our refuge and strength, an ever-present help in trouble. Therefore we will not fear, though the earth give way and the mountains fall into the heart of the sea, though its waters roar and foam and the mountains quake with their surging…”
“The voyage of discovery, lies not in finding new landscapes, but in having new eyes… We don’t see things as they are, we see them as we are…” ~ Unknown
“You are the choices you make…” ~ Hart of Dixie
Ek weet nie wie van julle die advertensie op Supersport gesien het, wat nou tydens die Olimpiese Spele gewys word nie? Ek kry elke keer trane in my oë wanneer dit gewys word – al weet ek wat die uitkoms is! By die 1992 Olimpiese Spele, was die atleet, Derek Redmond, die gunsteling om die 400m naelloop te wen… Na 150m het hy sy dyspier getrek, en sy Olimpiese droom was aan skerwe… Waar die absolute MOED en deursettingsvermoë en sy karakter vir my deurgekom het was dat NADAT hy sy dyspier getrek het, begin stap het, om die wedloop klaar te maak… Sy pa het nader gehardloop en hom ondersteun, die res van die pad saam met hom gestap en saam met hom die wenstreep oorgesteek… Hy sê in die onderhoud wat ek gekyk het, dat sy pa aan hom gesê het – “jy het niks om te bewys nie – ons kan maar ophou…” Hy het egter gesê – ek wil die wedloop klaarmaak…
Hierdie het my net weer laat besef – die WIL om ’n verskil te maak, om deurbrake in jou lewe te hê, om ’n inspirasie vir die mense rondom jou te wees, om Jesus se lig vir die wêreld te wees – is ’n KEUSE… En wanneer jy die keuse gemaak het, moet jy dit LEWE en daagliks UITLEEF… Hoe baie keer bely mens nie met jou mond een ding, en dan tree jy totaal teenoorgestelde op nie… Ons lewens is baie keer die enigste Bybel wat mense lees… Laat ons dus sorg dat ons woord, ons woord is, en dat dit wat ons GLO, ’n lewenswyse is… Dat ons nie mense sal seermaak deur ondeurdagte optrede nie… Of dat ons nie sal opgee wanneer die eerste hobbel oor ons pad kom nie… Selfs al voel dit asof die moeilikheid in storms oor jou uitbars, en net nie einde wil kry nie – God sal jou staande hou… As jy genoeg wil in jou het om te veg – SAL GOD JOU NIE TELEURSTEL NIE…
Hierdie pa was ook vir my ’n absolute voorbeeld van hoe ons Hemelse Pa, DAAGLIKS daar is vir ons… Wanneer teleurstellings oor ons pad kom, ons seerkry, val, PYN ervaar, is Hy daar… Om Sy arms om jou te vou en jou te ondersteun en jou deur die moeilike tye te kry… Hy sal jou NOOIT los nie… Hy sal soos wat die PA saam met sy seun gestap het, saam met jou stap… En Hy sal die dinge wat in jou lewe gebeur, ten GOEDE laat meewerk vir jou, en die plan wat Hy vir jou lewe het… Selfs al voel dit – daar is geen manier hoe MY situasie ’n goeie uitkoms kan hê nie… Ek belowe jou – toe Derek Redmond weggespring het, het hy nie eens GEDINK daaraan dat so iets sou gebeur nie… Maar God het Hom gebruik as ’n inspirasie vir die res van die wêreld, as 'n voorbeeld van hoe dit lyk om nooit op te gee nie… Selfs 20 jaar nadat dit gebeur het, inspireer dit steeds vir elkeen van ons! Hoeveel te meer sal God nie JOU situasie gebruik om groot dinge te doen nie?! Jy is SO kosbaar – Luke 12:7: Indeed, the very hairs of your head are all numbered. Don't be afraid; you are worth more than many sparrows…” Glo dit, en laat God toe om jou te help in AL die dinge wat jy face... Hy sal 'n weg maak, waar daar geen weg is nie... Sterkte vir jou week! Mag dit gevul wees met Jesus se liefde, genade en grootheid, en mag jy ’n inspirasie vir die mense in jou lewe wees!
Blessings!
Anelli**

No comments: