Thursday 9 August 2012

“We often take for granted the very things that most deserve our gratitude.” — Cynthia Ozick

haloes! :)

“We often take for granted the very things that most deserve our gratitude.” — Cynthia Ozick

Jesaja 51:3
"Nou gaan die Here Hom oor Sion ontferm... Daar sal vreugde en blyskap in Sion wees, daar sal gedank en gesing word..."

Psalm 100:1-2;4
"Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Gaan Sy poorte binne met lofgesange, dank Hom, prys Sy naam!"

"Kyk dankbaar terug op wat verby is! Hoe belangrik en hoe bepalend die hede ook al is, die rykdom lê daarin dat 'n mens die verlede nie vergeet nie, maar as herinnering bewaar... Wie dankbaar aan die verlede dink, kyk vol hoop na die toekoms..." ¬ Mark Rössler

"Hy wat die taal van dankbaarheid vergeet, sal altyd kwaaivriende wees met geluk..." ¬ C Neil Strait

Ek weet nie wie van julle al die branders op 'n ontstuimige dag dopgehou het nie? Hulle slaan met fors, en trek dan terug, net om weer 'n paar slae toe te dien aan die strand / rotse of enige iets anders wat in hulle pad mag kom... Die rotse neem egter vorm aan, soos die branders hulle oor die tyd timmer... Die lewe is presies dieselfde! Dit deel soms harde klappe uit aan mense wat dit glad nie verdien nie... MAAR, in hierdie gebeure, vorm God ons - net soos die rotse gevorm word...

Wanneer ons terugkyk na "timmermerke" aan ons lewens, kan 'n mens sien HOE God se hand IN die gegewe situasies was... Hy laat jou nie 'n oomblik alleen nie!! Al voel dit partykeer dat dit brander op brander is wat oor jou kop gaan, en dat jy nie kans kry om 'n asem te skep nie... God is daar! Hy sal jou suurstof wees as dit voel asof jy aan die verdrink is... Hy sal jou in staat stel om "onder water" asem te haal - net omdat Hy ENIGE iets kan doen... Ek weet dis partykeer moeilik om die groter prentjie te sien, maar dank God vanoggend dat Hy in beheer is van jou lewe... Dank Hom vir al die kere wat Hy jou voorsien het van "suurstof" toe dit gevoel het of jy aan die verdrink was... Miskien voel jy dalk op die oomblik of jy nie meer kan water trap nie... Gee net oor aan Jesus - Hy sal jou aan die dryf hou... Loof Hom dat Hy SAL voorsien - soos Hy goeddink, en volgens Sy wil vir jou lewe... Ek het vandag 'n dagstukkie ontvang waarin die skrywer gesê het, "moenie bid vir voorspoed nie, maar DANK God vir die voorspoed wat Hy vir jou SAL gee..." Sonder dat daardie ou en ek van mekaar geweet het, het ons dieselfde boodskap gekry om te deel. Ons moet die goeie spreek en glo vir ons lewens -wanneer jy jou uitkyk verander, verander omstandighede...

Ons vra so baie, maar ek dink ons vergeet net so baie om dankie te sê! Ons God het gesterf, en opgestaan, sodat ons die branders wat oor ons lewe slaan kan aandurf met 'n "surfboard" - en soos top surfers die kruin van die brander kan ry net soos 'n "world class surfer" kan... Jy kan ENIGE iets doen, en enige iets aanpak en enige iets bereik, omdat God jou in staat SAL stel (as jy vertrou en Hom vra) om die onmoontlike moontlik te kan maak... Hy sal jou nie alleen laat om die brander op jou eie aan te durf nie... Hy sal jou "surfboard" (lewe) stut, dat jy nie sal omval nie, maar jou balans
sal behou, sodat jy die brander kan ry en sterk eindig... PRYS GOD!

blessings!
anelli**

No comments: