Wednesday 15 August 2012

“Vier elke einde – dis die voorloper tot ’n nuwe begin…” ~ Jonathan Lockwood Huie

Haloes! J
“Vier elke einde – dis die voorloper tot ’n nuwe begin…” ~ Jonathan Lockwood Huie
Fillipense 3:13
“…Een ding doen ek… Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is…”
Psalm 91:15
“Wanneer Hy my aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees… Ek sal Hom red en Hom in Sy eer herstel…”
“Die wonderlike reis wat vandag begin, is net moontlik wanneer ons bereid is om gister vaarwel te roep…” ~ Steve Maraboli
“Party mense kom en gaan in ons lewe… Sommiges bly net vir ’n wyle, laat hul spore in ons harte agter – en ons is nooit ooit weer dieselfde nie…” ~ Flavia Weedn
Eindes is nooit lekker nie… Vat maar jou gunsteling boek of fliek – terwyl jy die storie lees of fliek kyk, is dit asof jy kan ontsnap van die werklikheid, en jou inleef saam met die karakters… Wanneer daardie lekker ontspanningstyd verby is, is dit nooit lekker nie – as ons weer realiteit moet face… As jy van skool, werk, of huis verander, is dit gewoonlik nooit lekker om mense te groet saam met wie jy ’n pad gestap het nie… Partykeer het mense die vermoë om ongesiens in jou lewe in te kom, en diep in jou hart in te kruip… Dit maak seer om totsiens te sê... Dis moeilik, omdat ons nie weet wat vir ons anderkant die "einde" wag nie...
Verandering oor die algemeen is nie lekker nie, want dis ’n beweging uit ons comfortzone na die onbekende… Of dit nou iets is wat ons gekies het, miskien deur jou drome na te jaag en nuwe uitdagings te aanvaar of miskien is jy deur omstandighede geforseer om te verander of is jou lewe sommer op sy kop gedraai deur hoe ’n situasie uitgewerk het… Die onbekende is nie lekker nie, want dis onseker… En onsekerheid is soos die donker… Dit kan mens oneindig bang maak, omdat jy nie kan sien wat voor jou lê nie… Gister se dagstukkie se aanhaling pas hierby aan – moenie bang wees om ’n onsekere toekoms aan ’n bekende God toe te vertrou nie (Corrie Ten Boom)… Wat doen jy as ’n kind bang is vir die donker? Jy skakel ’n lig aan natuurlik… Al daardie monsters, en bangmaakgoed, verdwyn dan in die niet, omdat die kind kan sien – daar is NIKS wat jou kan seermaak nie… Miskien is jy tans vasgevang in so ’n bangmaak situasie… Dinge lyk dalk onseker, en jy weet nie meer watter kant toe nie… Orals waar jy kyk is dalk net doodloopstrate… Ek wil jou vandag VERSEKER… Dis slegs ‘n “detour” waar jy jouself vanoggend bevind… Dit lyk dalk vir jou soos die einde, maar ek belowe jou, dis God se manier om ’n NUWE begin vir jou te bewerkstellig! Een van oneindige seën, en geluk… Dit mag dalk vir jou voel asof ek ABSOLUTE snert praat nou – want ek weet nie waardeur jy gaan nie, en ek ken nie die onmoontlikheid van wat jy tans deurmaak nie… Dit mag dalk waar wees, maar ek ken jou God… En ek WEET, dat Hy sy kinders NIKS gee wat hulle nie deur Sy genade kan hanteer nie… Dis nie breekpunt nie, maar groeipunt… God gaan uitkoms bring, en gou ook! Wanneer die donker onbekende ons lam laat met vrees, kan ons die LIG aansit, deur ons te draai na God se woord… BID tot God - die lyn is beskikbaar 24/7 en lees jou Bybel dat God jou kan kom vernuwe met nuwe krag, en hoop vir die dag van more… God sal jou gebede beantwoord, en Hy hoor jou – al voel dit nie so nie… Ek weet nie hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur nie, maar ek weet – God is in beheer, en Hy SAL jou beskerm, en HEEL anderkant uitkry…
Blessings!
anelli**

No comments: